Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 17 November

HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Ons kyk elke dag na ’n ander letter van die alfabet en koppel dan God se eienskappe daaraan. Vandag is dit die letter “M”.

M = MOONTLIK. Lees meer van die interessante terugvoer van lesers onderaan. Stuur ook jou idees vir “M” na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

DAG 13: ALLES IS VIR GOD MOONTLIK

Deur Benescke Janse van Rensburg

[Agtergrond: In my vorige reeks wat oor verhoudings en familie gehandel het, het talle lesers raadop aan my geskryf dat hulle nie meer met hulle rebelse tieners kan huishou nie. Is jy dalk vandag in ’n soortgelyke situasie waar jy ’n deurbraak nodig het? Hier is ’n getuienis van een van ons lesers wat demonstreer dat niks vir God onmoontlik is nie.]

Jacqui: “In die eerste jaar en ’n half van my dogter se hoërskoolloopbaan het sy van ’n sterleerling en liefling-blouoogmeisiekind  in ’n vreemdeling verander. Skielik het ons niks in gemeen gehad nie. Sy het nooit meer gelag nie en was altyd depressief en heeltemal buite beheer.

“Die skool het my telkemale gebel om te hoor waar sy is terwyl ek haar die oggend by die skool afgelaai het. Ek en my man sou dan bekommerd rondjaag om haar te soek. My finale breekpunt was egter toe ek haar een Vrydagmiddag by die skool gaan haal nadat hulle ’n pretdag aangehad het. Sy was aangeklam en haar asem het na alkohol geruik. Ek het haar gekonfronteer en sy het ’n klomp verskonings gehad. Dieselfde middag moes ek van iemand anders hoor dat my dogter nie die pretdag bygewoon het nie, maar by ’n partytjie was.

“Ek was raadop – met haar en sommer met alles. Só ’n probleemkind veroorsaak geweldige spanning in die huisgesin. Van boetie wat alles sien en hoor, maar te klein is om te verstaan, tot ek en my man wat onophoudelik oor die kleinste goed baklei.

“Ek het in die motor geklim en begin ry. Ek het nie geweet waarheen ek op pad was nie, maar ek moes net wegkom. Ons was nuut in die omgewing omdat ons ’n paar maande vantevore daarheen verhuis het. Op een van die hoeke het ek by ’n kerk verbygery en die nommer van die jeugleier groot op die bord gesien. Onmiddellik het ek hom gebel en hy het aangebied om na ons huis te kom om met my dogter te praat.

“Hoewel ek in daardie stadium ver van die Here af was, besef ek nou wanneer ek terugkyk dat Hy uit liefde steeds ’n antwoord vir ons desperate situasie gestuur het. Die jeugleier het ’n rustigheid aan hom gehad. In een gesprek het hierdie man van God ’n groter effek op my dogter gehad as die eindelose sielkundiges na wie ek haar vir berading geneem het. Hy het vir my dogter opgestaan toe niemand anders kon, of wou, nie! Dag na dag het die jeugleier haar met liefde, deernis en baie geduld nader aan haar ware self en ook nader aan God gebring.

“Vandag, twee jaar later, staan ek steeds verstom by die besef dat NIKS vir God onmoontlik is nie. Hy het ons as gesin nie net nader aan Hom gebring nie, maar Hy het ook ons blouoogkind aan ons teruggegee. Toe ek haar twee weke gelede dophou toe sy geloofsbelydenis in die kerk aflê, moes ek my trane afvee by die besef dat Hy haar in ’n prinses verander het wat onder haar God se liefde en beskerming leef. Ek prys die Here!”

Mattheus 19:26: “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Verkeer jy vandag ook in ’n moeilike situasie waarin jy ’n deurbraak benodig? Dalk het jy ook ’n rebelse tiener? Dalk is geld of ’n gebroke huwelik vir jou ’n hinders nis of gaan jy moontlik jou werk verloor. Onthou Jesus se woorde: Ons aanbid ’n God vir wie alles MOONTLIK is. Draai na Hom, want ek weet dat Hy ook ’n antwoord vir jou situasie het. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat niks vir U onmoontlik is nie. Help my asseblief om my oë van my hindernis weg te neem en na U te kyk met die wete dat U my ook nou sal deurdra. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

NUUSBROKKIE:

1.      BESTEL NOU: Jy kan Benescke se boek, Ontdek God in die stories van mense, nou aanlyn by www.kalahari.net bestel. Jy behoort dit binne vier werksdae te ontvang. Dit is die ideale Kersgeskenk.

2.      NEGE DAE OM TE GAAN . . . Moenie Benescke se boekbekendstelling op Donderdagaand 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge-sentrum in Durbanville misloop nie. Dit begin 18:00 vir 18:30. Kom ontmoet haar en kry jou getekende kopie. Die boek, Ontdek God – in die stories van mense, sal by CNA, PNA, Exclusive Books en Wordsworth beskikbaar wees. Jy kan dit ook aanlyn by www.kalahari.net bestel.

3.      HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir elke letter na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.

INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS OOR “M”:

Hier is ’n paar hoogtepunte uit lesers se e-posse. Gaan lees gerus meer terugvoer op ons webwerf, www.versndag.co.za.

  • MERKWAARDIG, middelaar, Messias, mensliewend.
  • MEMO –U is die antwoord vir alles in my lewe.
  • MAGTIG om groot dinge te doen.
  • MEDELYE– Die Here het medelye met sy volk.
  • MEESTER – Adonai, Heer en Meester.
  • MÔRESTER
  • MULTIMILJOENÊR – Die aarde en alles daarop behoort aan Hom.

VORIGE STUKKE? Kry van die vorige dagstukkies op ons webwerf, www.versndag.co.za.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God jou onlangs of in die verlede gehelp het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. As dit aansluit by een van ons temas, sal ons dit graag met die lesers wil deel. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

 

 

Previous article: Vers n dag - 18 November Prev Next article: Vers n dag - 16 November Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.