Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Dag 20: Nogtans sal ek my nie bekommer nie - 26 Februarie 2016

Deur Benescke Janse van Rensburg

Vandag wil ek iets anders doen. Ek gaan drie teksverse gee en een “opdrag”. 

Hier teksverse:

    Psalm 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

    Jeremiah 32:27: “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?”


    Filippense 4:6-7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Die opdrag:
Lees weer deur bogenoemde teksverse. Kies ten minste een wat vir jou uitstaan en skryf dit op ’n stukkie papier of op jou selfoon se notas. Vra nou die Heilige Gees om aan jou te wys hoe hierdie belofte van God van toepassing is op jou lewe. Lees dit ’n paar keer deur die dag en dink daaroor na.
 
God se Woord is lewend en kragtig. Kom ons bêre dit in ons harte en dink gereeld daaroor. Dit mag dalk net die las op ons skouers heelwat ligter maak. Sterkte.
 
Vader God, baie dankie vir u Woord. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om u beloftes te ontdek en in my hart te bêre. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.  

    Vir kommentaar of terugvoer op die reeks, stuur gerus jou e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
    As jy ’n getuienis het van wat God onlangs in jou lewe gedoen het, deel dit gerus by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Previous article: Dag 21: Nogtans sal ek jubel in my God - 29 Februarie 2016 Prev Next article: Dag 19: Nogtans sal ek U prys - 25 Februarie 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.