Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 17 Desember

“Vertel my die ou ou tyding, soos vir ʼn kindjie klein ...”

Hennie Symington

Skrifgedeelte

Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem tot ons ewige heerlikheid. 1 Kor. 2:7

Een Kersoggend op pad kerk toe, sê ʼn klein seuntjie aan sy pa: “Gaan jy ons hierdie jaar toelaat om Kersfees te geniet of gaan jy weer alles bederf deur dit vir almal te probeer verduidelik?”

Die kind, anders as sy vader, het iets van die onverklaarbare misterie van die geboorte van Jesus verstaan. Hy het in sy hartjie geweet om dit te ervaar sny dieper as om dit te verstaan. Om die deur die wonder van Kersfees oorweldig te word is, beter as om dit in beperkte menslike terme te verklaar. Sy pa weer was bang as sy seuntjie dit nie mooi verstaan nie, sal hy dit nie kan glo nie.

Dit is soos die slim man wat erken het dat hy as kind so min geweet het dat hy die Kersverhaal soos deur Lukas vertel, vir soetkoek opgeëet het. Later het hy gedink hy is te slim met al sy studies in die wetenskap, Skrifuitleg, vergelykende godsdiensstudies en die filosofie om die mirakel van die geboorte te glo. Uiteindelik moes hy erken dat hy so min weet dat hy die verhaal vandag glo net soos wat dit in Lukas vertel word.

God by ons

Word die Kersfees deel van die misterie van God as mens, Immanuel. Maak jou geskenke oop met dieselfde verwondering waarmee die herders die Kind in die krip ontdek het. Gee geskenke met dieselfde gesindheid as die konings wat van ver af gekom het om die Koning onder die konings te eer. Neem, eet en word versadig van iets wat groter is as die menslike begrip of verstand.
Geseënde Kersfees!

Gebed

Here, mag my siel die Kersfees deur u geboorte opnuut gebore word. Amen

Previous article: Vers n dag - 10 Januarie Prev Next article: Kerswense Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.