Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 11 Januarie

Die nuwe jaar het twee gesigte

Hennie Symington

Skrifgedeelte

Maak my u wil bekend, Here,

leer my u paaie.

Laat u waarheid my lei

en onderrig my daarin,

want U is God, my redder.

In U stel ek elke dag my verwagting.

Dink aan die liefde en trou, Here,

wat U van altyd af betoon het. Ps 25:4-6

Die woord Januarie se oorsprong lê by die Romeinse god Janus wat twee gesigte gehad het – een wat vorentoe kyk en een wat agtertoe kyk. En hier aan die begin van die jaar is dit dalk raadsaam om terug te kyk na die dinge wat jou geestelike identiteit die afgelope jaar gevorm het. Terselfdertyd kan jy met jou Skepper in gesprek te tree oor die jaar wat kom. Doen dit sommer vandag en begin daar waar jy by die huis, in die natuur of langs die see sit en tuur.

Dink eerstens terug aan gebeurtenisse wat vir jou diep geestelike betekenis gehad het en wat jou nader aan God gebring het: besluite, suksesse, mislukkings, tye van vrede en kere toe jy liefde ontvang of gegee het of bergtopervarings of laagtepunte. Kyk of jy die goue draad van God se teenwoordigheid in dit wat met jou gebeur het kan raaksien?

Herinner jou aan jou gunstelinggedeeltes in die Bybel of ander geestelike boeke.Watter flieks of boeke het jou diep geraak? Wat leer jy van God en sy verhouding met jou en jou verhoudings met ander mense hieruit? Is daar ʼn sentrale tema in hierdie gedeeltes of wissel dit?

Wat het jou pyn of vreugde besorg hierdie jaar? Wat sou jy graag anders wou gedoen het?

Draai dan jou kop vorentoe en dra die onbekende wat voorlê op aan God in jou gebed. Vra om Sy leiding op die onbekende pad van die toekoms. Glo dat Hy jou soos in die verlede ʼn oorwinnaar sal maak in alles wat jy doen.

Gebed

Here, in u lig sien ek die lig op die pad vorentoe.

Previous article: Vers n dag - 12 Januarie Prev Next article: Vers n dag - 10 Januarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.