Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (14) - 20 Julie 2016
Elkeen se lewensreis sluit ʼn paar belangrike lewenskeuses in wat sukses of mislukking sal bring. Hoe kan jy seker wees dat die keuses wat jy maak reg is? Dat jy jou droom bereik?
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. Kolossense 3:23-24
Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Filippense 3:12-14
Ontdek jou gawes. Almal wil in hulle lewens iets doen wat hulle goed laat voel. Elkeen is toegerus met godgegewe karaktereienskappe, kenmerke of talente wat hom of haar uniek maak. Dit is hoekom dit belangrik is om jou unieke gawes en talente te ontdek.
Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid. Romeine 12:6-8
Onthou, Jesus is God se geskenk aan jou.
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Johannes 1:14
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Johannes 3:16-17
Gebed: Hemelse Vader, dankie vir die goot geskenk wat U aan die mensdom gegee het, u Seun Jesus Christus. Dankie dat U my persoonlik so liefgehad het dat Jesus ook vir my gesterf het sodat ek die ewige lewe sal hê. In sy Naam loof ek U. Amen