Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wie is hierdie man? Spreker van verstaanbare taal - 20 September 2016

Danny Fourie

“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra?” Matteus 7:9

Jesus het 'n kind geroep en gesê: “Julle moet soos hierdie kind glo.” “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra? As julle wat sleg is dit nie doen nie, sal julle Hemelse Vader dit immers nooit doen nie.” “Sien die balk in jou eie oog in plaas van die splinter in iemand anders se oog.” So het Jesus gepraat. Hierdie uitspraak het wêreldwyd bekend geword.

Juis deur gewone taal het Jesus gewys dat God in ons alledaagse lewe geïnteresseerd is. Jy kan egter weet dat baie dit simplisties en oneerbiedig gevind het. So praat 'n mens tog nie oor God nie. Jy vergelyk God tog nie met 'n boer nie.

In Luther se tyd is daar net Latyn in die kerk gepraat. Die gewone mense het niks daarvan verstaan nie. Hulle het in die kerkbanke gesit en slegs na die geheimsinnige rituele van die priesters, die beelde en skilderye gekyk. Hoe kan 'n mens dan leer dat dit om 'n eerbiedige maar ook heel alledaagse omgang met God gaan? Luther het daarom die Bybel in Duits vertaal en hy het dit in 'n verstaanbare taal gepreek.

Jesus het dieselfde gedoen. Hy het in gewone verstaanbare taal oor God gepraat. So het God naby mense gekom. Daarom het Jesus ook duisende luisteraars getrek. Hy het die mense geleer dat geloof nie 'n gewoonte of 'n ritueel is nie. Hoe Hy gepraat en geleer het, was nuut en skokkend.

Kenmerkend van Jesus se leerstyl was die gelykenisse. Pragtige, beeldende verhale wat deur die mense wat in Hom geglo het, begryp is, maar nie deur mense wat Hom die rug gekeer het nie. Die gelykenisse was 'n soort geheime taal en op die punt af. Jy kan dit net so oorvertel. Byvoorbeeld, die verlore seun wat met 'n sak geld en sy Porsche die wêreld intrek.

Gebed: Dankie Jesus dat U in sulke verstaanbare taal praat, verhale met 'n eenvoudige en duidelike boodskap. Amen

Previous article: Wie is hierdie man? Mag oor siekte en dood - 21 September 2016 Prev Next article: Wie is hierdie man? Jesus se mag as leraar - 19 September 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.