Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wat het hierdie Man kom doen? Hy is tot sonde gemaak - 29 September 2016

Danny Fourie

Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Matteus 27:29

In die tyd van Jesus was dit in Jerusalem en Israel net so gespanne soos nou. Die Romeine het die gebied beset. Die Romeine het gevoel hulle is in beheer en het hard teenoor betogers en opstandiges opgetree. Leiers van 'n opstand is sonder verskoning uit die weg geruim deur hulle te kruisig. So 'n kruisiging was vir sommige soldate wat ver van die huis was 'n afleiding.

Die nag voor sy kruisiging is Jesus die heel nag verhoor. Hy is veroordeel, onskuldig, met 'n valse aanklag. Die soldate het Hom in die binneplaas van die hof gebring. Ruim 'n honderd soldate het om Hom gestaan. Hulle het 'n sombere en oordrewe speletjie met Hom begin speel: Koning-koning. Waarskynlik was dit Joodse soldate wat deur die Romeine gewerf is. Hulle het presies geweet wat Jesus Homself genoem het. Hulle voer 'n spotspel op. Met die doringkroon op sy kop en pers mantel om sy skouers, buig hulle voor Hom: “Ons groet u, Koning van die Jode!”

So gaan dit voort totdat Jesus aan die kruis hang. En toe gebeur 'n merkwaardige ding. Twaalfuur, op die middel van die dag, word dit vir drie ure pikdonker, soos in die nag. In daardie drie ure duisternis vind die oordeel plaas.

Oombliklik besef die mense om die kruis wat gebeur as God die wêreld aan sy eie lot oorlaat. Dan sal daar geen son meer wees en geen lig en dus geen lewe.

In daardie oomblikke van duisternis sê die Bybel is Jesus tot sonde gemaak. Nou is daar 'n mens, Jesus Christus, wat kry wat ons verdien. Na drie uur het dit weer lig geword, die duisternis is verby. Die lig het die duisternis oorwin en Jesus die Satan.

Gebed: Here Jesus, U het 'n verskriklike pad namens ons geloop. U was bereid om tot sonde gemaak te word vir my. Help my om in dankbaarheid my lewe aan U toe te wy. Amen.

Previous article: Wat het hierdie Man kom doen? Die gordyn na die hemel oopgemaak - 30 September 2016 Prev Next article: Wat het hierdie Man kom doen? Regter en ook middelaar - 28 September 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.