Vers n dag - 7 Februarie
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Vâ€.
DAG 22: GOD IS ONS VOORSIENER
Deur Benescke Janse van Rensburg
[AGTERGROND: Wag jy vandag op God vir ’n deurbraak in jou lewe? Hier is ’n getuienis van Antoinette Ludik, een van ons lesers, wat getuig dat God se antwoord op ons gebede altyd op die regte tyd kom.]
Antoinette: “’n Tyd gelede het die maatskappy waarvoor ek gewerk het aangekondig dat ons vir ons ander werk moes begin soek. Dit was ’n groot skok aangesien ek nie in die rigting wat ek gewerk het gekwalifiseerd was nie. My baas het eerste ’n ander werk in Johannesburg gekry. Nadat ek vir maande lank werk gesoek het, het sy my gekontak en gevra of ek vir ’n beskikbare posisie by haar nuwe firma wou aansoek doen.
“My aansoek was suksesvol, maar dit sou beteken dat ek voortaan daagliks van Pretoria-Noord na Johannesburg sou moes reis. Ek en my man het saam besluit dat dit beter vir my was om te ry as om sonder werk by die huis te sit. Die lang reistyd elke dag het my mettertyd laat skuldig voel omdat ek my gesin afgeskeep het. Ons het toe besluit om ’n huis in Centurion te kry. Só sou ek my reistyd met die helfte kon sny en meer tyd vir die gesin hê.
“Ons soektog na ’n huis in Centurion het ons na ’n ouerige huis gelei. Hoewel ons geweet het dat ons ’n heining rondom die huis sou moes bou, storte in beide die badkamers sou moes insit en ook die matte in die huis sou moes vervang, het ons baie van die huis gehou. Die erf was ook in die proses om onderverdeel te word wat ideaal vir ons was aangesien my ouers ook wou trek en graag ’n huis wou bou. Hulle kon dus ’n gedeelte van die erf oorneem.
“Nadat ons vir die derde keer na die huis gaan kyk het, het ons, ons oë styf toegeknyp en ’n aanbod gemaak. Die eienaar het dit egter nie aanvaar nie. Dit was ’n groot teleurstelling, maar ons het geglo dat God vir ons iets anders in gedagte gehad het.
“Na maande se gesoek het ons ’n tweede huis gekry. Hoewel ons nie so baie daarvan gehou het as die eerste huis nie, het ons ’n aanbod gemaak wat die eienaar aanvaar het. Net voordat die koop sou deurgaan het die eienaar besluit om nie te verkoop nie. Weer was ons totaal verslae.
“Ons het weer begin soek. Een Sondag het ons saam met my ouers na skouhuise gaan kyk. My man stel toe voor dat ons weer verby die ouerige huis moes ry. Tot ons verbasing was die plek steeds in die mark. ’n Ontwikkelaar het intussen die plek oorgekoop en herstel. Die erf was onderverdeel, daar was ’n heining rondom die huis, die badkamers het storte ingehad en die matte is met teëls vervang!
“Ons het weer ’n aanbod op die huis gemaak. Dié keer het die eienaar die aanbod dadelik aanvaar. Vandag woon ons in hierdie huis met my ouers as ons bure. Ons kan ons Hemelse Vader nie genoeg bedank vir sy voorsiening nie. Sy genade is groot en ek eer Hom vir sy groot, perfekte plan wat ons nie altyd verstaan nie!â€
Filippense 4:19: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.â€
God is ons VOORSIENER. As dit dus weer vir jou voel asof God nie jou gebede vir ’n lewensmaat, ’n nuwe werksgeleentheid of selfs die regte huis hoor nie, begin om Hom te dank dat Hy die beste vir jou beplan. Op die regte tyd mag jy dalk ook verbaas staan oor hoe perfek sy antwoord in jou situasie is! Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek elke begeerte met gebed en smeking na U toe kan bring met die wete dat U vir my omgee. Lei my en versterk my sodat ek sal onthou dat U antwoord altyd op die regte tyd en manier kom. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Kyk na ’n foto van Antoinette op die sosiale netwerk, Fbook se STORIES VAN HOOP bladsy.
** Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.
INTERESSANTE TERUGVOER BY “Vâ€:
V = Vader, Vrede, Vergifnis, Vryheid, Vreugde, Vriend, Veiligheid, Vlekkelose Lam.
NUUSBROKKIE:
- ENGELSE STUKKE: You can change your Afrikaans subscription to English or become an English subscriber by sending your details to
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- NEEM DEEL: Stuur jou idees vir die volgende letter in die reeks na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â
Â
Â