Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 4 Februarie

HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z. Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “U”.

DAG 21: GOD IS DIE UITKOMSGEWER

Deur Benescke Janse van Rensburg

Dawid, Elia en Ester. Wat het hierdie drie mense in gemeen?

Dawid het in die vallei van Ela op die reus, Goliat afgestap met die wete dat die reus hom kon vernietig. Koningin Ester het ongenooid by die koning opgedaag om vir haar nasie se oorlewing te gaan pleit. Sy het geweet dat as die koning nie sy septer na haar uitsteek nie, sy haar plek as koningin sou kwyt wees. En Elia het op Karmelberg langs die altaar gekniel met die wete dat as God nie met vuur uit die hemel die offer op die altaar verbrand nie, hy deur die Baäl-profete vermoor sou word.

Luister weer na Dawid se woorde terwyl hy op Goliat afstap: “Jý kom na my toe met ’n dolk en ’n spies en ’n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee . . . Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort . . .” (1 Samuel 17:45-47)

Luister na Ester se opdrag aan die Jode voordat sy na die koning gegaan het: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.” (Ester 4:16)

Luister ook na Elia se gebed op Karmelberg terwyl die hele volk van Israel staan en luister: “Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit tog vandag bekend word dat U God is in Israel, en dat ek u dienaar is wat op u bevel al hierdie dinge doen. Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U, Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte weer tot U bekeer.” (1 Konings 18:36-37)

Wat was die uiteinde van hierdie situasies? Dawid verslaan die reus, Goliat. Die koning steek sy septer uit na Ester en daarby sorg hy dat die Jode nie uitgeroei word nie. En God beantwoord Elia se gebed met vuur wat die Israeliete na Hom toe laat terugdraai!

God is die UITKOMSGEWER. Hy kan ons vandag nog help om die oorwinning oor enige reuse in ons lewens te behaal. Hy kan aan ons guns gee wanneer ons ’n moeilike saak aan iemand in ’n hoë posisie moet gaan stel. En God kan vuur uit die hemel stuur wat ons aan sy grootheid herinner.

Sit jy tans in ’n situasie waar jy ’n uitkoms benodig? Waarom kies jy nie om soos Dawid, Ester en Elia op God vir ’n deurbraak te vertrou nie? Sy uitkoms en tyd is altyd perfek. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U altyd op die regte tyd die regte deurbraak gee. Help my asseblief om nie moedeloos te word nie, maar om te onthou dat U tyd en manier perfek is. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

** Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel.

NUUSBROKKIES:

  1. ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also in English available. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
  1. MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
    1. 26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
    2. 13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
  1. HUIDIGE REEKS: Jy kan elke dag aan die huidige reeks deelneem deur jou voorstelle vir die volgende letters na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.

INTERESSANTE TERUGVOER VAN LESERS VIR “U”:

  • Uitdelg: Jesus het aan die kruis gesterf om ons sonde by God die Vader uit te delg.
  • U-draai: As jy weggedraai het van God, maak dadelik ’n U-draai terug na hom toe. Jy sal nooit spyt wees nie.
  • Uiters getrou: God is altyd getrou aan sy woord!

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

 

 

Previous article: Vers n dag - 7 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 3 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.