Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jefta die banneling wat sy mense gered het - 14 November 2016

Neville Turley

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.  Romeine 10:9

Jefta is in 1200 v.C. in die tyd van die rigters in Gilead gebore. Sy pa was 'n getroude man met 'n vrou en seuns van sy eie. Jefta se ma was 'n prostituut.

Sy halfbroers het hom bespot en toe hulle grootword het hulle hom weggejaag. Hy het gevlug en in Tob gaan woon waar hy 'n groep leeglêers om hom geskaar het. Hulle het 'n gedugte gevegsgroep gevorm en Jefta het 'n dapper soldaat geword.

Toe die Ammoniete oorlog teen Israel verklaar, het die leiers van Gilead hulle  paniekbevange na Jefta gewend. Hulle het hom gesmeek om bevel van hulle leër oor te neem. Jefta het met 'n mate van biiterheid geantwoord: “Julle het my gehaat. Julle het my weggejaag uit my pa se huis uit. Waarom kom julle noudat julle in die moeilikheid is na my toe?” (Rigters 11:7)

Maar die leiers van Gilead het vir Jefta gesê: “Dit is juis waarom ons terug is by jou. Jy moet saam met ons kom sodat ons kan gaan oorlog maak teen die Ammoniete. Jy moet ons leier word en ook al die mense van Gilead s'n.”

Stel jou voor hoe Jefta moes gevoel het. Weens sy afkoms is hy verag en verwerp, en nou word hy gevra om sy volk se leier te word. Jefta is egter saam met hulle na Gilead en het hulle tot 'n suksesvolle oorwinning gelei.

Die verhaal van Jefta is 'n illustrasie van 'n belangrike bybelse waarheid. Die mense van Gilead moes Jefta eers as hulle leier aanvaar voordat hy hulle gered het.

So moet ons ook duidelik bewus wees van ons prioriteite, indien ons Christus as ons Verlosser wil hê, moet ons Hom ook as ons Leier aanvaar. Slegs wanneer ons ons oorgee aan sy heerskappy sal ons gered word.

Hy moet as beide ons Leidsman en Verlosser aangeneem word want God het Hom beide Here en Christus gemaak. (Handelinge 2:36 en 5:31)

Gebed: Hemelse Vader, gee dat ons deur die Heilige Gees U as ons Verlosser en Leidsman sal aanbid. In die Naam van Jesus Christus vra ons dit. Amen

 

Previous article: Die misdadigers wat saam met Jesus gekruisig is - 15 November 2016 Prev Next article: Laat ons nooit vergeet nie - 11 November 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.