Vers-n-dag - 25 Januarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 11: HOE of HOEKOM OM DIE OKKULT TE VERMY? (DEEL 5)
Deur: Benescke Botha
DEEL 5: WAT VAN DIE GEVAAR AAN NEW AGE?
Gestel jy ontvang vandag twee identiese geldnote en moet onderskei watter een eg en watter een vervals is. Hoe sal jy dit doen? Jy sal die geldnoot onder ’n fluoressent-lig plaas en soek na die watermerk, reg?
Gestel nou jy word gekonfronteer met twee leerstellinge wat op die oog af albei reg kan wees. Hoe gaan jy kan onderskei watter een eg en watter een vals is? Jy sal dit aan God se Woord (ons fluoressent-lig) meet en soek of jy Jesus Christus in die leerstelling kan vind, reg?
Met die infiltrering van die “New Ageâ€-beweging word ons onderskeidingsvermoë al hoe belangriker. Luister weer na Paulus se waarskuwing in 2 Timoteus 3:5: “Hulle (die mense wat die “New Ageâ€-beweging aanhang) sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.â€
WIE OF WAT IS DIE “NEW AGEâ€-BEWEGING?
· Agtergrond: Die beweging het rondom 1875 ontstaan toe ’n vrou, Helena Petrovna Blavatsky begin het om die leerstelling te verkondig. Rondom 1920 het Alice Ann Bailey by Blavatsky aangesluit. Doelwit: Beide se doelwit was om Christenskap, Judaïsme en Islam te verwerp en al die wêreldgodsdienste te verenig. Inspirasie: Beide Blavatsky en Bailey het ook genoem dat hulle, hul leerstellings by “spirit guides†(wat demone is) ontvang het.
WAAROM IS HIERDIE LEERING SO GEVAARLIK?
· Op die oog af lyk hierdie leerstelling asof dit goed is vir mense. Byvoorbeeld, hulle kommunikeer met die “dooies†om aan agtergeblewe familielede hoop te bied, hulle beweer om jou met kristalle te genees of om goeie “seëning†oor jou uit te spreek. Wat hulle egter (soms onwetend) doen, is om ’n vloek op jou te plaas.
· Dit is net God se Woord (ons fluoressent-lig) en die Heilige Gees wat ons kan help om tussen waarheid en valse leerstellinge te onderskei.
“NEW AGEâ€-BEWEGING VERSUS CHRISTENSKAP – HOE KAN ONS ONDERSKEI?
· Hier is vier beginsels van die “NEW AGEâ€-beweging (volgens die Wikipedia-aanlynensiklopedie) versus vier Bybelse beginsels wat ons in God se Woord vind:
o “NEW AGEâ€-BEGINSEL 1: GOD IS ’N GESKEPTE IDEE
§ Alle verskillende gelowe aanbid een god en daar is een pad na hom.
o BYBELSE ANTWOORD 1: GOD IS NIE GESKEP NIE. HY IS DIE SKEPPER.
§ God is nie geskep nie. Hy is die Skepper.
· Jesaja 44:24: “So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie.â€
§ God het die mens geskep. Die mens is nie God nie.
· Genesis 1:26: “Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip."
§ Daar is net een weg na God en dit is deur Jesus Christus.
· Johannes 14:6: “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.â€
o “NEW AGEâ€-BEGINSEL 2: KONTAK MET DIE GEESTELIKE WÊRELD IS AANVAARBAAR.
§ ’n Mens kan kontak maak met verskillende gode, engele, feetjies, “spirit guidesâ€, spoke ensovoorts (solank die persoon daarvoor oop is).
o BYBELSE ANTWOORD 2: GOD VERBIED KONTAK MET DIE GEESTELIKE WÊRELD
§ Levitikus 19:31: “Julle mag nie vir geeste van dooie mense of vir waarsêers vra wat julle wil weet nie. As julle dit doen, dan sal julle onrein word. Ek is julle God die Here.â€
o “NEW AGEâ€-BEGINSEL 3: REÃNKARNASIE VIND PLAAS AS ONS STERF
§ ’n Mens kan deur reïnkarnasie na sy of haar dood terugkeer aarde toe.
o BYBELSE ANTWOORD 3: DAAR IS NET EEN LEWE EN EEN STERWE
§ Hebreërs 9:27: “'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel.â€
o “NEW AGEâ€-BEGINSEL 4: GENESINGSKRAG KOM UIT JOUSELF
§ ’n Mens het genesingskrag deur terapeutiese aanraking en kan die vermoë ontwikkel om mense oor ’n afstand te genees.
o BYBELSE ANTWOORD 4: GENESINGSKRAG KOM VAN GOD
§ Genesing deur die Heilige Gees:
· 1 Korintiërs 12:7-9: “Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.
· Jakobus 5:14-15: “As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.â€
’n Tyd gelede het ’n bankklerk my vertel dat, omdat sy op ’n daaglikse basis geldnote tel, sy dadelik sal weet as ’n geldnoot vervals is. Sy weet presies hoe ’n egte geldnoot moet voel. Net so, as ons daagliks tyd in God se Woord spandeer, sal ons wanneer ons gekonfronteer word met ’n verkeerde leerstelling, dadelik kan onderskei. Hoe gereeld spandeer jy tyd in God se Woord? Sal jy vandag daardie onderskeid kan tref? Sterkte.
Vader God, baie dankie vir u Woord. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om in elke situasie te onderskei wat reg en eg is en wat vals is. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte