Vers n dag - 17 Maart 2011
Die een is vir jou, Ouma San!
Skriflesing: Jhn 21:18
Petrus, Ek sê vir jou, en dit is seker: Toe jy jonk was, het jy self jou klere vasgemaak en jy het gegaan waar jy wil. Maar jy sal oud word en jy sal jou hande uitsteek en iemand anders sal jou klere vasmaak en hy sal jou wegneem na ’n plek waar jy nie wil wees nie.â€
Vandag verjaar iemand vir wie ek baie lief is – my skoonma. En ja, ek is lief vir haar nie net omdat sy my vrou se moeder is nie, maar omdat sy ‘n baie spesiale persoon is. Dwarsdeur haar lewe was haar geloof die grondslag van haar bestaan. Sy het nooit nodig gehad om van die dakke af te verkondig het dat sy ‘n kind van die Here is nie; ‘n mens kon dit ‘n sien aan haar hele wese.
Natuurlik het sy haar foutjies gehad – watter skoonma het nie! Sy het haar eie kinders altyd voorgetrek, al het sy gesê ek is soos een van haar eie! Maar selfs dan het haar goedheid en liefde deugestraal.
Vandag is sy nie meer die mens wat sy was nie. Dementia het sy wrede klue ingeslaan en haar beroof van baie van haar vaardighede. Soos Petrus word sy vandag gelei na plekke waar sy wil of nie wil wees nie; sy
het die name van haar geliefde kinders en kleinkinders vergeet, maar haar liefde vir mense het sy behou. Wanneer ‘n mens haar by die tehuis besoek, sit sy met haar Bybel op haar skoot en lees. Maar as sy jou sien, straal haar oë behoorlik en al kan sy jou naam nie onthou nie sê oor en oor: “Mooi! So mooi!â€
Die een ding wat sy egter onthou is die lied wat haar hele lewe omskryf het: “Blye versekering, Jesus is mynâ€. Sy sing die refrein (in Engels) oor en oor die hele dag lank: “This is my story, this is my song, praising my Saviour, all the day long.†Wanneer ek dit hoor, weet ek sy het ‘n visie van “Vreugde, ewig en reinâ€, en dat niks of niemand haar sal skei van die Een wat sy haar lewe lank gevolg het nie.
En as jy dink dat oumense hulle tyd op aarde oorskrei het, dink weer: hulle het die nuwe hemel vooruit gesien, en kyk terug om vir ons te sê: Dis als reg. God wag vir ons met ope arms.â€
Gebed: Here, leeer my om skoonheid in elke lewensfase te ontdek, want U is die God van alle generasies. Amen.