Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 16 Maart

Om tweede viool te kan speel

Johann Symington

Skriflesing

Markus 9:34;35; 1Kor. 9:19

“Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. 35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.

Een van die moeilikste dinge vir Christene om te aanvaar, is dat Jesus nie van ons verwag om leiers te wees nie, maar diensknegte. Dit ‘n woord  wat so algemeen gebruik word in die kerklike woordeskat sonder om te besef dat daar iets van ‘n vernedering en ‘n selfverloëning in lê.  Daarom is die woord “bediende” met al sy negatiewe konnotasies in ons samelewing meer gepas en verstaanbaar.

Ons is in die eerste plek bediendes van God.  Hy is die lewende Here wat sy vinger op die pols van die wêreld hou en wat sy arm uitstrek na alle mense orals op die aardbol. En dis waarheen Hy jou kan stuur: in die donker gangetjies van die wêreld in, of na die wêreld se paleise toe. Waarheen Hy jou stuur, is egter nie so belangrik nie; wat wel saak maak, is of jy sal gaan waarheen Hy jou stuur.

Sal jy bereid wees om die bediende van die gemeente te wees?  Dis ‘n bietjie veel gevra, dink jy by jouself.  Kan ek nie liewer iets anders doen by die kerk nie want ons wil graag erkenning hê wanneer ons ons gewig êrens ingooi. Die dissipels het took so geredeneer.   Hulle wou graag erkenning hê vir hulle opofferings (vgl.  Mark. 9:33-35). Maar vir Jesus lê ware leierskap juis in jou gewilligheid om afstand te doen van jou waardigheid. Jy is gestuur om die wêreld se voete te was.  Die wêreld weet nie dat die hoogste gesag - niemand minder as die Een wat alles geskep het - jou gestuur het nie.  Daarom sal hulle jou nie spesiale behandeling gee nie.  Die enigste manier hoe hulle dit sal weet is uit jou optrede. Bedien hulle elke dag me die liefde van God, sodat hulle jou Meester daarbo kan verheerlik.

Gebed:

Here, ek moet erken dat die blote gedagte om ‘n bediende te wees my ongemaklik laat voel.  Help my om ander met liefde te bedien sodat hulle U, my Meester in my kan raaksien.

Previous article: Vers n dag - 17 Maart 2011 Prev Next article: Vers n dag - 15 Maart 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.