Vers n dag - 4 April 2011
Wysheid volgens Jesus
Johann Symington
Skriflesing
Markus 6:2-4
En toe die sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoge begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? 3 Is hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?†… 4 Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.â€
Jesus was ʼn wyse man – ʼn leermeester wat sy volgelinge deur middel van verhale en spreuke geleer het. Maar Jesus se tipe wysheid is nie die tipe wysheid waaraan die wêreld gewoond was nie.
Hy rig ʼn uitnodiging tot die hoorder om op ʼn ander manier te sien as wat hy gewoond is om te sien. Dit prikkel die verbeelding om ʼn transformasie te bewerkstellig.
Wat sou jy byvoorbeeld gedink het as Jesus vir jou gesê het: Laat die dooies hulle eie dooies begrawe. Of as Hy vir die ouderlinge in julle gemeente gesê het: Julle sif ʼn muggie uit maar sluk ʼn kameel in.
Of vir die dominees en die pastore: julle witgepleisterde grafte. Hoe kan hy die armes klassifiseer as gelukkig en sê die eerstes sal laaste wees. Dit sal die dag wees, sê die ou mens in jou.
Hy praat van sy koninkryk wat gaan kom maar wat reeds hier by ons is. ʼn Koninkryk wat onder ons is maar onsigbaar is. Hoe is dit moontlik? ʼn Koninkryk met ʼn donkie vir sy ampsmotor. Lagwekkend.
Jy mag dink dis onvanpas of irrelevant maar dis die wysheid volgens Jesus Christus, die Seun van God. Sy wysheid is nie van hierdie wêreld nie maar broodnodig in hierdie wêreld. En al hoe ons hierdie wysheid kan ontvang is as ons ons harte oopmaak en ons oë in lyn bring met God se kyk op die wêreld.
Gebed: Here, vergewe my middelklaskyk op u skepping en u skepsels. Ek dink ek verstaan maar dan wys u vir my ʼn heel ander manier van kyk. Dankie dat u my in my beperkte visie steeds liefhet op ʼn wonderbaarlike en onverstaanbare wyse. Amen