Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 29 April 2011

RAAK ELKE DAG VERLIEF!

(net nie op ʼn ander een se man of vrou nie!)

Johann Symington

Skriflesing:

Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou. Ps 26:3

In die Bybel is liefde die woord wat die gelowige se gedrag by uitstek bepaal. Christus som die Ou Testament se tientalle gebooie met al die voorskrifte en bepalings daarby, in net twee hoofgebooie op: allesomvattende liefde vir God, en ʼn liefde vir die naaste wat jou liefde vir jouself ewenaar. Baie van ons, nee, ons almal, sukkel hiermee. Daar is altyd dinge dinge wat in die die pad van die liefde staan. Hoe kan ons dan inoefen in die liefde?

Vir my lyk dit taamlik belangrik om altyd God se liefde vir my voor op te stel. Die oomblik wanneer ek dan wil verdoem of my wil vererg, dink ek net aan hoeveel keer ʼn dag God met my moet uithou. Deur verhoudings in ʼn konteks te plaas waarin jy dit met God se liefde vergelyk, probeer jy maar ʼn bietjie langer geduldig te bly en strek jy jou arm net ʼn bietjie verder uit om te help en dan is die hart wat so baie moet dra, weer ʼn bietjie sterker.

Matthew Fox, ʼn bekende priester in die VSA, het nog ʼn beter plan. Hy stel voor dat ʼn mens sommer ʼn hele paar keer per dag verlief moet raak – eintlik so solank as wat jy lewe – nie op ʼn ander een se man of vrou nie, maar op die blombos voor jou hek of jou “Just Joeys”-roosboom wat so wat oordadig blom, die voëltjie wat vroegoggend voor jou venster sing, jou vrou se lekker kos, jou kinders se laggies, of op daardie wonderlike eksotiese vissoort waarvan jy êrens gelees het. Die geheim is om so betrokke te raak by iets buite jouself dat jy nie heeldag sit en broei oor al die dinge in jou en wat mense alles aan jou doen of nalaat om te doen nie.

Ns. Nou groet ek eers ʼn slag. Dit was vir my lekker om die afgelope twee maande my gedagtes met u te deel en u terugvoer te ontvang. Tot ʼn volgende keer. Groete, Johann.

 

Previous article: Vers n dag - 2 Mei 2011 Prev Next article: Vers n dag - 28 April 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.