Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 23 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 36: HANG JY OOR DIE AFGROND?

Deur Benescke Janse van Rensburg

Kan jy jouself indink hoe dit moet voel om 15 meter bo die grond in ’n motor te sit wat oor die afgrond kantel en dreig om enige oomblik na onder te stort? Dít was die situasie waarin ’n Chinese paartjie hulself onlangs bevind het. 

Nadat hulle oudergewoonte in Changsha, die hoofstad van die Hunan-provinsie in China, vir werk opgedaag het, het die man netjies in die parkeerspasie ingery. In stede daarvan om die rem te trap, het die man per ongeluk die petrol getrap wat veroorsaak het dat die motor vorentoe deur ’n muur gejaag het en oor ’n afgrond gekantel het. Die paartjie kon betyds uit die motor gered word, maar ’n ongelukkige bode wat op die grond verby die parkeerarea gestap het, is deur die muur wat omgestamp is getref en hy moes gehospitaliseer word.

Net soos dié uitdaging onbepland oor die Chinese paartjie se pad gekom het, tref onbeplande hindernisse ons almal van tyd tot tyd. Ons beplan byvoorbeeld nie om by die werk afgelê te word, bankrot verklaar te word, van ’n ontrou huweliksmaat uit te vind of om te sukkel om swanger te word nie. Ook beplan niemand van ons om met ’n gevreesde siekte gediagnoseer te word of ’n geliefde skielik aan die dood af te staan nie. Wanneer hierdie uitdagings dan skielik ons pad kruis, bevind ons onsself maklik op ’n plek wat vir ons voel asof ons in ’n motor sit wat oor die afgrond kantel en dreig om na onder te stort.

Wat is jou reaksie in sulke tye? Verloor jy jou geloof of kies jy om na God te nader? Luister weer na die Psalmdigter se woorde in Psalm 39:7-8: “Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.” Ook in Psalm 107:28 lees ons: “Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.”

Wanneer ons te midde van daardie uitdagende oomblikke kies om ons hoop in God te vind, sal ons beleef hoe Hy ons nie net uit ons ellende red nie, maar ook aan ons nuwe hoop in ons harte kom plaas dat daar wel ’n uitkoms sal wees. God is soewerein en in beheer van elke situasie. Kom ons kies vandag om Hom te vertrou dat alles altyd ten goede sal meewerk vir diegene wat Hom liefhet. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U my nooit alleen teen die afgrond in die motor sal los as ek na U roep nie. Lei my om my oë op U gevestig te hou in elke situasie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

*Kyk na die motor hier: http://web.orange.co.uk/article/quirkies/Car_nearly_shot_off_50ft_roof

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 24 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 22 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.