Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 24 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 37: WIL JY MOED OPGEE?

Deur Benescke Janse van Rensburg

Ná gister se dagstukkie oor die Chinese paartjie wat in hulle motor gehang het wat oor die afgrond gekantel het, het heelwat lesers laat weet dat hulle tans deur ’n soortgelyke tyd in hulle lewens gaan en waarin hulle soms voel dat hulle wil moed opgee op als en almal.

Is dit dalk hoe jy vandag voel? Luister dan na die Britse politikus, Winston Churchill se toespraak voor die seuns van die beroemde Harrow-skool. Dié toespraak word deur sommige as die kortste, maar kragtigste toesprake in sy loopbaan gereken: “Moet nooit moed opgee nie. Nooit, nooit, nooit nie! Nie in die groot dinge nie en ook nie in die kleintjies nie. En as jy móét ingee, doen dit net op grond van beginsels op gesonde verstand.”

Luister ook na die Psalmdigter se woorde in Psalm 71:14-17: “Ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof. Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel. Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen. U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade.”

Kom ons begin, wanneer ons weer voel asof ons moed wil verloor, om onsself aan God se wonderdade te herinner. En kom ons staan vas in elke storm. Onthou, niemand sou ooit die oseaan oorgesteek het as ons in die middel van ’n storm van die boot kon afklim nie. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U my versterk en my deur elke storm dra. Help my om nooit moed op te gee nie, maar te kies om my oë op U gevestig te hou met die wete dat U die deurbraak kan bewerkstellig. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 25 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 23 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.