Louise Gevers 

Wat sal ons dan hiervan sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgelewer het – hoe sal Hy nie ook saam met Hom alles aan ons skenk nie. Romeine 8:31-32, 2020-vertaling
 
Wanneer binnenshuise plante wat vertrekke opvrolik geskenke is van my geliefdes, waardeer ek elkeen en wanneer ek hulle versorg, dink ek aan die persoon wat dit vir my gegee het. Of daar nou meer as een van dieselfde soort is of nie, ek hou van elkeen se unieke kleur en reuk.
 
So ek was nou die dag baie hartseer toe ek sien dat al my anthuriums, behalwe twee, se rooi hartvormige blomme dood is en nou bruin en verlep aan die stingels hang. Maat dit is vir my wonderlik dat, alhoewel die plante steeds groen en gesond is, die blomme van rooi na bruin verander en die anthuriums in 'n ander fase inbeweeg wat verdere groei moontlik maak.
 
Miskien is dit hoe die jong, groeiende kerk vir Paulus voorgekom het toe hy aan die Romeinse kerk geskryf en probeer het om deur die evangelie hulle begrip vir mekaar te bevorder en die verskillende groepe te verenig. Hierdie jong, lewenskragtige kerk het gegroei en deur die krag van die Gees het dit pragtig vrug gedra en as aanmoediging vir nuwe bekeerlinge tot die Christendom gedien, en deur die prediking van die evangelie is die stigting van nuwe gemeentes bevorder.
 
Met goeie onderrig, en aanmoediging oor die betekenis daarvan, plaas Paulus die nuwe lewe in Christus in perspektief. Hierdie agtste hoofstuk van sy brief aan die Romeinde is 'n viering van die triomf van God se genade deur Jesus. Deur die kruis van Christus het God gelyktydig gedeel met die veroordeling, want Jesus het die prys vir die sonde betaal, en Hy het ook sy genade aan sondaars bewys sodat alle mense deur sy genade gered kan word.
 
Paulus begin hierdie hoofstuk triomfantlik wanneer hy verkondig: "Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat in Christus Jesus die lewe gee, het jou immers vrygemaak van die wet van die sonde en die dood." (Romeine 8:1-2)
 
As 'n Fariseër het Paulus waardering gehad vir dit wat God van die begin gedoen het deur die Wet tot algemene voordeel te gee, maar hy vier nou dat, selfs toe die mens te swak was om dit te onderhou, God sy regverdige doel volbring het deur vryheid van sonde en nuwe lewe in die Gees deur Christus te gee.
 
"Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. … Maar as Christus in julle is, is die liggaam, as gevolg van die sonde, wel dood; daarenteen, op grond van die regverdiging, is die Gees lewe. As die Gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon." (Romeine 8:9-11)
 
Hierdeur is dit vir ons moontlik om in hoop te leef. Ons is van die slawerny van die sonde bevry en hoef nie langer vir die dood bang te wees nie. Inteendeel, ons ontvang "die Gees wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is." (Romeine 8:15-16) "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is." (Romeine 8:28)
 
Deur sy offer vir ons, gee Jesus alles moontlik vir ons om saam met en vir Hom as oorwinnaars te leef, te werk en te ly terwyl Hy voortdurend vir ons by God intree.
 
Ons kan saam met Paulus absolute sekerheid hê: Maar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here." (Romeine 8:37-39)
 
Gebed: Hemelse Vader, ons hoop deur Jesus Christus ons Here, U het ons as individue lief en U roep ons by die naam. U het deur u genade alles aan ons gegee wat ons benodig om u kinders te wees. Help ons om U te eer en deur die krag van u Gees as oorwinnaars te leef. Amen