Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 24 Mei 2012

'n Geskenk vir God

Neville Turley

Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my? Psalm 116:12

Met Kersfees, verjaardae en ander spesiale geleenthede hou ons daarvan om geskenke te gee of te ontvang.  Dit is ons manier om ons liefde en waardering vir mekaar te wys.

Die skrywe van hierdie Psalm het 'n probleem.  Nadat hy al die seëninge wat hy van die Here ontvang, gelys het vra hy die vraag: Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?

Dit is 'n goeie vraag, een wat ons ook vir onsself behoort te vra. Wat kan ons die Here bied vir al die seëninge wat ons van Hom ontvang? Indien ons 'n lys maak van al ons seëninge sal elkeen se lysie verskil.  Want die Here is 'n persoonlike Verlosser en Hy handel met elkeen van ons op 'n een tot een basis.

Sommige seëninge wat op ons se lysies sal verskyn is dat ons 'n hemelse Vader het wat genadig en goed is, vol deernis en wat na ons gebede luister, 'n Verlosser wat sy lewe vir ons gegee het en 'n Heilige Gees van wie ons krag en inspirasie ontvang.

Dit is wanneer dit oor ons persoonlike omstandighede handel, dat ons lysies sal verskil.  Ons sal egter op die ou einde almal dieselfde vraag vra: " Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?"

Ons kan die Here onvoorwaardelik liefhê; “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand."  (Matteus 22:37)

Ons kan ook vir Hom wys dat ons liefde eg is deur Hom te gehoorsaam. “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer." (Johannes 14:15)

Ons kan ons liefde bewys deur ons geloof in Hom en deur Hom volkome te vertrou.  "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon." (Hebreërs 11:6)

Miskien is deur so te leef dat God ons eendag sal kan verwelkom met die woorde: "Welkom goeie en getroue dienskneg," die grootste geskenk wat ek en jy aan God kan gee.

Gebed: Hemelse Vader, ons dank U vir al die seëninge wat ons van U ontvang. Help ons om tot u eer en verheerliking te leef.  In die Naam van Jesus Christus, ons Verlosser. Amen.

Previous article: Vers n dag - 25 Mei 2012 Prev Next article: Vers n dag - 23 Mei 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.