Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 29 Mei 2012

Jou rol in God se plan

Neville Turley

Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.  Efesiërs 1:11

Die lewens van ander herinner ons soms aan God se plan vir ons.  Soms is dit miskien nie wat ons vir onsself in gedagte het nie of wat ons graag wil hê nie, maar dit is die Here se wil vir ons.

Die dissipel, Andreas, het in die skaduwee van sy broer, Simon (Petrus) geleef. Petrus was 'n man van aksie en 'n gebore leier.  God die Vader het aan hom openbaar dat Jesus die Messias is en Jesus het vir hom gesê: "Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou …" (Matteus 16:13-20) Petrus het op die dag van die pinksterfees gepreek en 3 000 mense het geglo. (Handelinge 2:41) Petrus het selfs 'n vrou uit die dood opgewek. (Acts 9: 40)  Andreas se bediening was miskien nie so indrukwekkend soos die van Petrus nie, en tog was hy die sleutel tot Petrus se bediening.

Wat het Andreas gedoen?  Hy het Petrus na Jesus toe gelei.

Andreas was 'n volgeling van Johannes die doper. Johannes het na Jesus verwys as die Lam van God en Andreas en nog 'n volgeling wat dit gehoor het, het Jesus toe gevolg. Op uitnodiging van Jesus het hulle toe 'n hele middag saam met Hom spandeer. (Johannes 1:36-39)

Onmiddellik daarna het Andreas eers sy broer, Simon (Petrus) gaan soek en vir hom gesê:  “Ons het die Messias gekry!” (Johannes 1:41) en hom toe na Jesus toe gebring.

Dit was ook Andreas wat die seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies na Jesus toe gebring het. (John 6:8-9)

Toe 'n aantal Grieke in Jerusalem vir Filippus gesê het dat hulle Jesus wou sien, was dit hy en Andreas wat dit vir Jesus gaan vertel het. (Johannes 12:20-22)

Andreas het mense na Jesus toe gelei. Hy was 'n belangrike deel van God se plan, net soos ek en jy vandag ook is.

Op ons nederige geloofspad mag ons miskien persoonlik mense na Jesus Christus toe lei of miskien indirek deur 'n Bybel vir iemand beskikbaar te stel. Tussen die blaaie van dié Boek mag hulle Jesus leer ken.

Wat 'n voorreg om 'n Christen te wees en die evangelie met ander te kan deel.

Gebed: Here Jesus, skenk aan ons die moed en die oortuiging om ons geloof met ander te kan deel en daardeur u Naam te verheerlik.  Amen

Previous article: Vers n dag - 30 Mei 2012 Prev Next article: Vers n dag - 28 Mei 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.