Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jesus tussen mense: Wees soos 'n kind - 4 Desember 2025

Andrea Sieberhagen
 
Maar Jesus het gesê: "Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle." Matteus 19:14, 1983-vertaling
 
Terwyl Jesus tussen die mense beweeg, het hulle kindertjies na Hom gebring, maar Jesus se dissipels wou hulle wegwys. In vers 14 vind ons Jesus se reaksie. Hy beskou die kinders nie as gering nie. Hy verwelkom die kinders met ope arms en seën hulle. Sy woorde dat die koninkryk van God juis bedoel is vir mense soos hulle, moet ons vir langer as net een oomblik laat nadink.
 
Hoe kan ons meer soos hierdie kinders wees? Ek dink die antwoord lê in onvoorwaardelike geloof. Geloof van 'n kind vra nie baie vrae nie. Ons, as volwassenes kan so dikwels met soveel slim argumente na vore kom dat ons die kernwaarhede van God se Woord heeltemal wegredeneer.
 
Ons hoef nie altyd alles heeltemal te verstaan nie. “Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.” (1 Korintiërs 13:12a.)
 
Hierdie woorde dui vir my aan dat ons in werklikheid nie veronderstel is om alles in ons lewens en in die wêreld rondom ons volkome te verstaan nie. Hoekom probeer ons dan so hard om dit te doen? Ons maak dit moeiliker as wat dit is.
 
Dalk moet ons aanvaar dat opregte, kinderlike geloof al is wat God van ons vra.
 
Gebed: Hemelse Vader, help my om te glo soos 'n kind en neem dan my hand en stap elke tree saam met my. Amen.
 
Next article: Jesus tussen mense: Vyf brode en twee visse: God voorsien - 3 Desember 2025 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.