Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Weet waar om krag te soek: Aan God die eer - 12 Desember 2025

Andrea Sieberhagen
 
Aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. Efesiërs 3:21, 1983-vertaling
 
Aan God kom die eer toe! 'n Gedagte waarmee ons grootword. 'n Gedagte wat nie vir ons vreemd is nie, maar 'n gedagte waaraan ons meer dikwels herinner moet word. So dikwels “vermag” ons iets wat ons glad nie verwag het moontlik kon wees nie. Of 'n onverwagte groot seëning kom oor ons pad wat ons met vreugde vervul.
 
Miskien is dit 'n prestasie van 'n kind wat ons die woorde laat uitroep, “ons moet dit vier!” En dit is reg, ons mag ons vreugde vier, maar daar moet altyd allereers die erkenning wees: “Aan Hom kom die eer toe”.
 
Dit is wanneer ons 'n oomblik doodstil word in nederigheid en besef dat alle voorspoed genade is, direk uit die hand van God en dat dit 'n direkte gevolg is van ons verhouding met Christus Jesus. As ons elke dag bewus is van God se teenwoordigheid, sien ons al hoe meer sy seën in ons lewens – ook in die kleinste alledaagse dingetjies wat gebeur. En as ons bewus is daarvan sal ons sonder uitsondering onmiddellik dankie sê en aan God die eer gee omdat ons diep onder die indruk is dat ons nie self so slim of sterk of oulik was om hierdie goeie ding in ons lewe te bewerkstellig nie. Nee, alleen aan God die eer!
 
Gebed:
Ons kom buig nou voor U neer
U bind ons saam, ons is u kerk
deur u Gees wat in ons werk.
Ons bring aan U die eer
nou – tot in ewigheid.
 
Next article: Weet waar om krag te soek: God se almagtigheid - 11 Desember 2025 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.