Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Maand van Spreuke - 16 Maart 2026

Ruanne van Zyl
 
Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig. Spreuke 24:16, 1983-vertaling
 
As ons dié gedeelte lees gee dit vir ons 'n realistiese maar hoopvolle beeld van die lewe. Selfs 'n regverdige mens – iemand wat God dien – val. Ons maak foute, neem verkeerde besluite en beleef terugslae. Geloof beteken nie perfeksie nie.
 
Die gedeelte beklemtoon egter wat die verskil maak: die regverdige staan weer op. Deur God se genade kry ons die krag om nie te bly lê in skuld, skaamte of selfverwyt nie. Ons mag struikel, maar ons identiteit word nie bepaal deur ons val nie – dit word bepaal deur God se genade.
 
Mislukking is dikwels 'n plek waar ons die meeste leer. Dit breek ons trots, leer ons afhanklikheid en help ons om ander met meer deernis te behandel. Wanneer ons weer opstaan, doen ons dit met 'n dieper begrip van God se trou.
 
Die vyand wil hê ons moet glo dat 'n val die einde is. God sê dit is net 'n oomblik op die pad. Sy genade is elke oggend nuut, en Hy gee ons nog 'n kans om aan te hou groei.
 
Ek nooi jou uit, moenie opgee op jouself of ander nie. As God mense weer oprig, moet ons ook genadig wees en hoop hou vir herstel.
 
Gebed: Here, dankie dat U my nie los wanneer ek val nie. Gee my die moed om weer op te staan, te leer uit my foute en aan te hou stap in u genade. Amen.
Next article: Maand van Spreuke - 13 Maart 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.