Vers n dag - 23 Maart
Gebede wat reeds beantwoord is
Hennie Symington
Gee my vrede, Heer.
God se vrede is reeds aan ons belowe. Ons hoef dit nie te gaan soek nie. Jesus sê: Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Joh. 14:27
Laat iets goeds uit hierdie slegte situasie voortkom
Dis reeds aan ons belowe. Soms gebruik God pyn en seerkry om ons aandag te kry of om ons nuut na ‘n situasie te laat kyk.
Alles werk ten goede mee vir diegene wat God lief het en volgens sy wil geroep is Rom. 8:28
God vergewe my
Dis een gebed wat sonder uitsondering beantwoord word. Sonde en kwaad het God so dwars in die krop gesteek dat Hy besluit het om sy Seun te stuur om die sonde van die mensdom op een slag bymekaar te maak en oor sy skouer te gooi.
Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons van ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 1 Joh. 1:9
Here maak my ‘n instrument in u Koninkryk
Jy hoef te wag vir ‘n antwoord op hierdie gebed nie. Niks keer jou om ‘n vrywillige werker in God se koninkryk word te word nie.
Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Luk 10:2
Gee my wysheid Here
Dawid wys God op sy belofte. Om wys te wees is nie om bloot te weet wat God sê nie; jy moet die vermoë ontwikkel om die groter prentjie raak te sien.
… gee my insig soos U beloof het.†(Ps. 119:169).
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee. Jak. 1:5
Here gee my krag
En wat as jy nie dapper genoeg of gelowig genoeg is nie? God het al lankal sy antwoord gereed: dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Filip. 2:13
Â
Gebed vir vandag
Here, vergewe ons dat ons antwoorde op gebede soek wanneer die antwoorde in u Woord vir ons duidelik uitgespel word.
Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.