Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Die apostels, 'n verrassende familieband - 13 Oktober 2026

Imogen Campbell
 
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. 1 Petrus 4:12, 1983-vertaling
 
“Alhoewel die meeste mense bewus is dat Jesus, sowel as die apostels, Joods was, word die belangrikheid van hierdie identiteit dikwels nie ondersoek nie. Hierdie stigters van die Christendom het in die tempel in Jerusalem aanbid, gedurende die Loofhuttefees in hutte gebly en die verordeninge van die Tora onderhou. Hulle was toegewyd aan die Joodse geloof, en dié konteks het die apostels se begrip van wie Jesus was en wat dit beteken om Hom te volg, beïnvloed." [Vrye vertaling van 'n uittreksel uit "Finding Messiah" deur Jennifer M Rosner]
 
Toe ek 'n Christen geword en Jesus se duidelike roepstem, "Volg My" gehoor het, is ek uitgedaag om Hom onmiddellik te gehoorsaam. So was dit ook met die apostels toe hulle geroep is. Hulle het onmiddellik alles agtergelaat. Ek verwonder my altyd oor hulle geloof. Dit het egter onlangs vir my nuwe betekenis gekry.
 
Ek het reeds verwys na die stram verhouding tussen Jesus en sy broers en susters, en daarom sal sy familieband met hierdie mans julle dalk ook verras soos dit my verras het. Dit is duidelik dat as Joodse mans hulle afstammelinge van die 12 aartsvaders was.
 
Tog het 'n waarneming van David Pawsons in "Unlocking the Bible" my verstom: "Min mense besef dat ten minste vyf, moontlik sewe, van die twaalf apostels Jesus se neefs was. Dit verduidelik ook hoekom so baie van hulle by 'n privaat troue in Kana in Galilea teenwoordig was." [Vry vertaal]
 
Dit is ongelooflik, maar volgens Christentradisie is die meeste van hulle, behalwe Judas Iskariot, ter wille van Jesus gemartel. Daar word geglo dat die apostel Johannes baie oud geword het, na Jesus se moeder, Maria, omgesien het en hy is reeds deur die vroeë kerkvaders geïdentifiseer as die een wat Openbaring neergepen het. Hulle erfenis leef definitief voort in die nuwe Jerusalem wat sal kom.
 
"Die stad het 'n groot hoë muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel. 13Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie. 14Die stad se muur het twaalf fondamente, en daarop is daar ook twaalf name, dié van die twaalf apostels van die Lam." (Openbaring 21:12-14)
 
God het gekies om Israel die appel van sy oog te maak en op meer as een manier met sy spesiale mense te verkeer. Ek kyk nou ietwat anders na Jesus se koms na Galilea, veral na Nasaret, en hoe hy manne uit sy eie uitgebreide familie gekies het wat volkome ingestem het om die roeping te aanvaar en Hom te volg.
 
Die tydsberekening van Jesus se koms getuig van 'n God wat niks aan die toeval oorlaat nie. God plaas gelowiges in families. Hoe kan ek en jy effektiewe lede van God se huishouding wees?
 
Gebed: Hemelse Vader, niks is toeval by U nie. Dankie vir ons verlossing. U het 'n nasie gekies om u olyfboom te wees en tons almal toe daarby ingeënt. Ons prys u Naam. Amen
Next article: Soos Elia - 12 Oktober 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.