Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Môre - 30 Oktober 2026

Imogen Campbell 

Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Openbaring 21:4, 1983-vertaling
 
Ek onthou dat ek die hedendaagse gospellied, "Tomorrow", vir die eerste keer as 'n jong meisie gehoor het. (https://www.youtube.com/watch?v=KB_xxO0jBBI)
 
"Jesus said, "Here I stand, Won't you please let me in"
And you said, "I will tomorrow"
Jesus said, "I am He, Who supplies all your needs"
And you said, "I know but tomorrow"
 
[Koor]:
I'll give my life tomorrow, I thought about today, But it's so much easier to say
Tomorrow, Who promised you tomorrow, Better choose the Lord today
For tomorrow very well might be too late."
 
Jesus het onder die mensdom kom woon – 'n treffende ommekeer van dit wat in die Paradys gebeur het. En Hy het die hoogste prys betaal: die mensdom het Hom doodgemaak.
 
Soos ons gesien het, is sommige mense wat sy koms aangekondig het, of hom tydens sy aardse lewe liefgehad het, met lyding, isolasie en ontberings gekonfronteer.
 
Diegene wat vandag antwoord op sy roepstem "Volg My" moet ook die koste bereken. Hierdie geslag sal ook ontberings en miskien vervolging beleef. Tot met sy wederkoms het Hy sy Raadgewer, die Heilige Gees gestuur om ons in alle waarheid te lei. "Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël." (Efesiërs 1:13)
 
Die sigbare heerlikheid van God (Shekinah-heerlikheid) is nie afwesig nie; vuur is ook 'n simbool van die Heilige Gees. Soos ek reg aan die begin van hierdie reeks gesê het, ons is nie alleen nie. God is werklik by ons – maak nie saak wat gebeur nie. Ons kan inderdaad kans sien vir môre.
 
"Omdat Hy leef, sien ek kans vir more
Omdat Hy leef is daar geen vrees
Omdat ek weet, ja ek weet Hy hou die toekoms, is die lewe nou die moeite werd
Omdat Hy leef." (https://www.youtube.com/watch?v=X-hzVQ1s2jk)
 
As jy nie Jesus as jou Heer en Verlosser ken nie, moet asseblief nie tot môre wag om meer oor Hom in die Bybel te lees nie.
 
Wyle Nabeel Qureshi, 'n bekeerde Moslem, het gesê: "Alle lyding is die moeite werd om hierdie waarheid te ontvang en Hom te volg. God is mooier as die lewe self, en die een wat Hom liefhet is gereed om te sterf wanneer die dood kom, nie net om God te verheerlik nie, maar om hom na God se arms te haas. Al sterf ons, sal ons leef." [Vry vertaal]
 
Mag God vind dat ons die Koning van alle konings aanbid en die Naam bo alle name verheerlik. Kom ons dink na oor hoe groot ons God is, die God wat al die trane sal afdroog.
 
Gebed: Here, hoe bevoorreg is ons nie om 'n verhouding met die God van die heelal te hê nie. Gee aan ons die krag om u Naam elke dag te verheerlik. Amen
Next article: Eli, Eli, lemá sabagtani? - 29 Oktober 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.