Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 7 Desember 2012

As kooplustigheid hoogty vier!

Hennie Symington

Skriflesing

Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Markus 10:22

Om inkopies te doen het die die tydverdryf van die die moderne samelewing geword. Dis amper ʼn nuwe vorm van aanbidding. En die moderne inkopiekatedrale maak dit vir ons so maklik om ons kooprituele met byna godsdienstige ywer uit te leef.

Hoekom is ons so kooplustig (veral hier rondom Kersfees)? Omdat ons almal vasgevang is binne ʼn wêreld wat deur die advertensiemedia geskep is – ʼn virtuele ruimte waar image alles is. Ons is so is daarop ingestel om te koop dat ons nie eens twee keer dink as die naam “Jesus” as handelsmerk misbruik word en die banke die plek van jou voorsienige Hemelse Vader inneem, en sekere roomyse voorgestel word as hemel op aarde, ʼn pizza met die ʼn halleluja-koor begroet word, ʼn lugredery êrens in Afrika spog met die slagspreuk: “We’ve got the whole world in our hands” en Sondag voorgehou word as die beste dag om inkopies saam met die gesin te doen nie. Dit pla ons gewoon nie meer nie.

As ons maar net in gedagte kan hou waar Christus in alle eenvoud gebore is - in ʼn stal, mense, nie ʼn vysterkraamhospitaal nie, met skaapwagters as sy eerste besoekers, dan sal ons as Christene dalk begin wal gooi teen die oorweldigende materialisme in ʼn land waar die grootste deel van die bevolking steeds bars om liggaam en siel bymekaar te hou. Begin sommer by eie huis en haard.

Op ʼn positiewe noot, gebruik Kersfees om ʼn aangename geur van welwillenheid, mededeelsaamheid en vreugde rondom jou te versprei deur klein dade van liefde te verrig waar jy ookal gaan. Dit kos niks.

Gebed: Here, ons is mal oor Kersfees met al die vreugde en geluk wat daarmee saamgaan. Gee dat ek nie sal smag na die materiële nie, maar na die ontsaglike rykdom van U liefde en genade wat U ons bied.

Previous article: Vers n dag - 10 Desember 2012 Prev Next article: Vers n dag - 6 Desember 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.