Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 10 April 2013

Is die koninkryk ’n werklikheid?

Hennie Symington

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my vader wat in die hemel is.” Matteus 7:21

Die “Goeie Nuus” oor die koninkryk van die hemel

As Christene is ons almal gemoeid met die koninkryk van God. Vir sommige is dit ’n konsep wat slegs bestaan in vergesigte op die hemel of die lewe na die dood. Tog word ons keer op keer daaraan herinner dat die koninkryk van God reeds en steeds teenwoordig is op aarde sowel as in die hemel.

Alles wat Jesus ons op aarde geleer het, het te doen gehad met die Goeie nuus van die Koninkryk van God. Sy etiek, sy beskouing oor godsdiens, dit wat Hy oor homself gesê het het alles te make gehad met die “goeie nuus” van die koninkryk van God. In Matteus 3:2 sê Hy: “Bekeer julle want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Hoe raak dit my?

Dit raak ons doen en late ten nouste omdat ons burgers van hierdie koninkryk is. As kinders van God kan ons nie kies wanneer of waar ons die koninkryk wil belewe nie omdat die koninkryk reeds teenwoordig is. Wat ons egter kan kies is hoe ons die koninkryk sigbaar kan maak in’n wêreld wat blind is vir die werklikheid van God se teenwoordigheid op aarde. Dit raak elke aspek van ons lewens en bepaal hoe jy met die lewe omgaan – van jou optrede teenoor die lastige bedelaars by die kruispad, jou tiener in jou huis, jou moeilike man of vrou, jou bejaarde ouers, jou kollegas by die kantoor, tot die vreemdeling in jou poorte.

So, kom ons gaan op ’n bedevaart deur die koninkryk en kyk waar dit ons gaan uitbring. Geniet die reis!

Gebed vir vandag:

Leiewe Here vergewe my as ek my verbeel die koninkryk het niks met my lewe hier en nou te make nie. Maak my bewus van u teenwoordigheid in alles wat ek doen, sien en ervaar. Amen

Previous article: Vers n dag - 11 April 2013 Prev Next article: Vers n dag - 9 April 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.