Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 11 April 2013

Gebed skep ’n skuiling vir die siel

Hennie Symington

Laat my by U ’n blywende tuiste vind.

Laat my skuil onder u vleuels. Sela Psalm 61:5

Daar is nog nie ’n woord op my tong nie, of U, Here weet wat dit gaan wees. Psalm 139:4

Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Psalm 42:1

Ons siele is honger

Ons siele smag geestelike vertroeteling, nie na aan allerhande foefies nie. Om jou gees te vertroetel beteken om jou hart ontvanklik te maak vir verwondering, eerbied en dankbaarheid. Dit is die vermoë om van die aardse na die gewyde te beweeg binne jou daaglikse bestaan. Dit is die vermoë om in jou binneste ’n skuiling te skep – ’n skuiling waar jy God kan ontmoet.

Gebed is tweerigtingverkeer

Is dit kommunikasie in die gewone sin van die woord waar informasie tussen twee partye uitgeruil word? Maar as ek glo dat God alwetend is en my ingang en my uitgang ken, watter inligting is daar wat ek aan God kan verskaf wat Hy nie reeds van bewus is nie?

En as daar in Romeine staan dat God weet wat ek vir hom wil sê nog lank voordat ek dit vir hom gesê het, wat is dit sin van gebed? Maak my gedagtes saak vir God? Luister Hy na my of is gebed maar net ’n manier my diepste gevoelens te ontlaai?

Gebed is ’n goddelike intimiteit

Miskien moet ons gebed nie sien as ’n lysie van behoeftes en gedagtes nie, maar as ’n oombik waarin God sy teenwoordigheid met ons wil deel. Dink  daaraan as ’n oomblik waar ’n vader kom kyk hoe gaan dit met sy kind en sy kind op sy beurt aan sy groter Pa kan vertel wat alles in sy lewe gebeur. En al weet die Pa presies wat jy vir hom wil wys, tel Hy jou nogtans op sy skoot en kyk met oneindige liefde en geduld na dit wat jy vir hom wil wys. Dis oomblikke soos hierdie wat ’n intimiteit tussen God en sy kind skep –genotvolle oomblikke – nie net vir jou nie maar ook vir God. Dis dis ’n uitdrukking van ’n verhouding so intiem soos die van ’n ouer met sy kind. Nee meer, dis die raakpunt tussen God en mens, hemel en aarde.  

Gebed vir vandag

U ken my behoefte om voor u te staan terwyl U ons bewus maak van u behoefte aan ons teenwoordigheid deur ons in u Woord te roep. Dankie dat U ’n Vader is wat luister.

Previous article: Vers n dag - 12 April 2013 Prev Next article: Vers n dag - 10 April 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.