Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 12 April 2013

Gebed is heilige grond

Hennie Symington 

“Here, leer ons bid, soos Jesus ook sy volgelinge geleer het.” Lukas 11: 1b

“Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver my My af.” Markus 7:6b

“Hulle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebed op. Hulle sal baie swaar gestraf word.” Markus 12:40.

“Wanneer jy bid .... “

Om oor gebed te praat is nie maklik nie omdat dit so persoonlik is. Tog is daar al soveel oor die moets van gebed geskryf, dat ’n mens dalk ’n slag moet kyk na die moenies.

Moenie bid as hy nie bereid is om van jou gefynsdheid en valsheid af te sien nie. Jesus het hom in die skerpste moontlike terme uitgespreek teen die Fariseërs wat heeldag staan en bid terwyl hulle die weduwee uit haar besittings uitdoen.

As daar iets tussen jou en iemand anders is wat jy eers uit die weg uit moet ruim nie, doen dit. Jesus vertel van die man wat op pad kerk onthou het dat hy iets teen sy broer het. Hy’t net daar omgedraai en eers dinge met sy broer gaan regmaak.

Moenie dink dat gebed ’n manier is om figuurlike gesproke God se arm te draai nie. Gebed beteken om so te luister sodat jy in harmonie sal kom met wat God wil in jou lewe.

Moenie God op hoë bergtoppe of ander heilige plekke gaan gaan soek nie. Jy kan hom net so goed in jou eie omgewing vind. God is net so teenwoordig in die stadsrumoer as wat hy in die stilte is.

Gebed is ...

Uiteindelik is gebed is ’n manier om die teenwoordigheid van God op te roep en jouself daarvoor oop te stel. Dis nie jy wat God gaan verander nie, dis jy wat verander gaan word.

Gebed vir vandag:

Here, ek het min woorde wanneer dit by gebed kom maar ek weet dat U deel is van my gedagtegang, my opstaan en my gaan slaap. Dankie vir u teenwoordigheid in my lewe. Amen

Previous article: Vers n dag - 15 April 2013 Prev Next article: Vers n dag - 11 April 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.