Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Hy staan in 'n verhouding met ander mense (2) - 5 September 2014

Hierdie gelowige man is nie net ’n man vir sy vrou nie, maar hy is ook 'n pa vir sy kinders. Hy maak dit duidelik dat hy en sy gesin die Here dien.

Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal, het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly."  1 Samuel 1:21-22

Hy aanvaar sy verantwoordelikheid om sy kinders van God te leer en daarom praat hy elke dag met hulle oor die Here.

“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ’n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.”  Deuteronomium 6:4-9

Soos Job is hy besorg oor sy kinders se verhouding met God en hy begeer dat sy kinders aan God getrou sal bly. Lees Job 1:4-5.

'n Gelowige pa leer sy kinders om op God te vertrou,

Net hulle wat nog lewe, kan U loof,

so doen ek dit vandag.

Vaders sal hulle kinders

van u trou vertel.  Jesaja 38:19

en hy hanteer sy kinders met wysheid.  En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.  Efesiërs 6:4

Hy besef dat hy sy kinders moet leer om gehoorsaam te wees.

My seun, jy moet luister

na die onderrig

wat jou vader jou gee;

moenie wat jou moeder jou leer,

verontagsaam nie:

dit sal jou lewe versier

soos ’n krans jou kop

en ’n kettinkie jou hals.  Spreuke 1:8-9

Hoe vaar jy so ver? Kan jy sê: Ek is hy?

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U aan my die voorreg van vaderskap gee. Here, vergewe my asseblief my tekortkominge en al die kere wat ek nie my verantwoordelikheid van vaderskap reg uitleef nie. Dankie dat ek U kan vra om my te help om die beste pa vir my kinders te wees. Amen

Previous article: Hy staan in 'n verhouding met ander mense (3) - 8 September 2014 Prev Next article: Hy staan in verhouding met ander mense (1) - 4 September 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.