Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Hy staan in verhouding met homself (2) - 11 September 2014

Die moderne gelowige man weet dat soos God 'n doel met die lewe van Jeremia gehad het, die Here ’n spesiale doel met hom het. God het die profeet Jeremia verseker van die unieke doel van sy lewe:

Die woord van die Here het tot my gekom:

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

 “Ag, Here my God,”

het ek geantwoord,

“ek kan nie goed praat nie,

ek is nog te jonk.”

Toe sê die Here vir my:

Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.

Jy moet gaan na wie toe

Ek jou ook al stuur,

en alles wat Ek jou beveel om te sê,

moet jy sê.

Moenie vir hulle bang wees nie,

want Ek is by jou,

Ek sal jou red.  Jeremia 1:4-8

Die man wat in 'n verhouding met God en homself staan, is seker van sy doel. Sy doel is om God met sy hele lewe te verheerlik.

Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ’n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ’n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie. 1 Korintiërs 9:24-27

Het jy al ontdek wat jou doel op aarde is? Kan jy sê: Ek is hy?

Gebed: Here, gee dat ek elke dag wat ek hier op aarde is U met my hele lewe sal verheerlik. Help my om gehoorsaam te wees en na u stem te luister. Amen

Previous article: Hy het gevoelens (1) - 12 September 2014 Prev Next article: Hy staan in verhouding met homself (1) - 10 September 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.