Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Hy het gevoelens (2) - 15 September 2014

Petrus het tydens Jesus se verhoor uit vrees voorgegee dat hy Jesus nie ken nie. Toe hy met sy verraad gekonfronteer word, was hy bitter teleurgesteld in homself.

En op daardie oomblik het daar ’n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil. Matteus 26:75

Miskien voel jy ook soms teleurgesteld in jouself.

By tye voel dit miskien asof jy vir niks deug nie en niks in die lewe verdien nie. Jy voel so minderwaardig. Mefiboset, wat kreupel was as gevolg van ’n ongeluk toe hy klein was, het so gevoel.

Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig. “Mefiboset?” vra Dawid. “Ek is u onderdaan,” antwoord hy. Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.”Hy het weer voor Dawid gebuig en gesê: “Wat is ek tog dat u aandag gee aan ’n dooie hond soos ek?”  2 Samuel 9:6-8

Die Psalmdigter help hom egter om te besef dat hy nie minderwaardig hoef te voel nie.  Lees gerus Psalm 139, veral vanaf vers 13.

U het my gevorm,

my aanmekaargeweef

in die skoot van my moeder.

Ek wil U loof,

want U het my

op ’n wonderbaarlike wyse geskep.

Gebed: Here, dankie dat U my op 'n wonderbaarlike wyse geskep het en my selfs nog voor my geboorte al geken het. Ek wil U loof en prys.  Amen

Previous article: Hy het gevoelens (3) - 16 September 2014 Prev Next article: Hy het gevoelens (1) - 12 September 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.