Vers n dag - 5 Oktober
2.   Hoe leef ek in God se koninkryk?
Hennie Symington
Skrifgedeelte:
“Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie. Hulle sal nie kan sê: ‘Kyk, hier is dit! Of: ‘Daar is dit! nie, want die koninkryk van God is hier by julle.â€Â Lukas 17:20b-21.
“Laat u koninkryk kom ...|â€
Jesus het dikwels gepraat van die koninkryk van God of die koninkryk van die hemel. Dwarsdeur Jesus se kort lewe op aarde loop die gedagte van die koninkryk soos ‘n goue draad deur sy woorde. In Matteus alleen word daar meer as 45 keer na die koninkryk van die hemele verwys terwyl beide Markus en Lukas ook verskeie kere na die koninkryk van God verwys.
Uit hierdie verwysings na die koninkryk kan ons seker wees dis nie ‘n veraf skim of beloftes van ʼn koninkryk wat eendag sal kom nie, maar een wat reeds hier en nou teenwoordig is, net soos in die hemel. God is tog teenwoordig in alle tye van die begin af tot in ewigheid.
Die Koninkryk is onsigbaar maar teenwoordig
Hierdie koninkryk is nie van die wêreld nie maar het alles met hierdie wêreld te make. Dit behels die mag van God om oor alle dinge in die hemel en op aarde te heers en sy reddingsplan uit te voer. Dis ‘n ryk waar die genade van God oor almal uitgestrek word en terselfdertyd ‘n magtige koninkryk waar Christus heers oor die heelal.
Nie ’n aardse koninkryk nie
Die koninkryk is teenwoordig in die harte van elkeen wat Christus se heerskappy in sy lewe erken. Dit is nie ’n tweederangse koninkryk waar daar meegeding moet word met die koningshuise van hierdie aarde nie. Dis nie maar net nog ʼn dinastie nie maar ʼn koninkryk wat dwarsdeur die gekiedenis van die kerk teenwoordig was en strek tot die einde van tye. Die koninkryk van die hemel is die teenwoordigheid van God in Jesus nou en toekomend.
In hierdie koninkryk is daar geen sosiale orde en range nie. Prinse en prinsesse het dieselfde regte as gewone mense en die enigste wet wat geld, is dat jy moet liefhê. As iemand jou slaan moet jy die ander wang draai, en as iemand jou dwing om 'n kilometer saam met hom te stap, moet jy twee stap.
Nie ons soort koninkryk nie?
Ongelukkig is dit nie die soort koning wat die wêreld wil hê nie. Ons leef in ‘n materialistiese wêreld waar "image" koning kraai.  Die grootste, blinkste, sterkste en rykste is ons maatstaf. Totdat jy besef die koninkryk bied ʼn rykdom ver bo jou wildste drome. Jou taak as burger van hierdie koninkryk is om dit sigbaar te maak aan die wêreld deur gehoorsaamheid aan die Koning en deur die boodskap van Verlossing te verkondig.
Here, ek is so verblind deur die vertoon van uiterlike rykdom dat u koninkryk vir my net ʼn vae afskynsel van die werklikheid is. Maak u koninkryk ‘n werklikheid in my hart.
Goeie nuus vir almal in die Noorde (Londen et al.)! Â Oom Angus is oppad na SA Gemeente in Londen vir 8 dae tydens die Re:vive London uitreike, 17-24 Oktober. Vir verdere inligting besoek www.revivelondon.co.uk vir meer inligting.