Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Dit wat blywend is - 20 April 2015

Xanthe Hancox

Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn? Júlle is immers ons trots en ons blydskap!  1 Tessalonisense 2:19-20

Wanneer ons aan 'n kroon dink, dink ons aan 'n koning se kroon. Maar die woord wat Paulus hier gebruik, verwys na 'n oorwinningskrans wat tydens die spele aan die atleet oorhandig is wat 'n wedloop wen. Paulus gebruik hierdie beeld in 1 Korintiërs:

Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. (1 Korintiërs 9:25 BDV)

Al Paulus se bekeerlinge, nie net die Tessalonisense nie, is sy "kroon" of prys. Die Galasiërs is die bewys dat hy nie tevergeefs werk of gewerk het nie (Galasiërs 2:2). Hy verwys na die gelowiges in Filippi as "my blydskap en my kroon". (Filippense 4:1) Hierdie gelowiges in Tessalonika sal sy trots wees "wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn." Paulus is trots oor elkeen met met wie hy die evangelie en sy lewe gedeel het.

Daar kom 'n tyd wat ons almal dink oor dit wat ons nalaat wanneer ons weg is, en wat die moeite werd is om ons lewensenergie op te spandeer. Meeste mense, ten spyte van hulle geloof, sal saamstem dat ons graag iets betekenisvol met ons lewens wil doen en 'n blywende erfenis wil nalaat. Hier in Tessalonisense wys Paulus ons Christene daarop dat dit wat blywend is, is die liefde wat ons aan ander bewys. Wanneer Paulus nadink oor waarop hy trots kan wees wanneer hy voor Jesus verskyn, dink hy onmiddellik aan die mense wat hy liefhet met die liefde van Christus, en hy is tevrede.

Doen vandag iets wat saak maak, iets wat blywend is. Bewys vandag jou liefde aan iemand deur Jesus met hom of haar te deel.

Gebed: Here Jesus, skenk aan ons die visie en die wysheid om die oomblikke raak te sien wanneer ons u liefde kan bewys aan of u evangelie kan deel met mense wat U oor ons pad bring. Amen

Previous article: Things that last - 20 April 2015 Prev Next article: Sy Boodskap - 17 April 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.