Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wees tevrede - 14 Mei 2015

Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Een van die maklikste strikke om in te trap, is om jouself gedurig te vergelyk met ander wat meer as jy het. Jy voel dan onvergenoeg en bly jaag na meer. So word jy 'n slaaf van gierigheid en is nooit tevrede met wat jy het nie. So sê die Bybel:

"Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie."Eksodus 20:17

"Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het,sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: "Wie is die Here?" nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie."  Spreuke 30:7-9

"Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal."1 Timoteus 6:6-10

"Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe."1 Johannes 2:16-17

"Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie." Daarom kan ons met vertroue sê:"Die Here is my helper,ek ken geen vrees nie:wat kan 'n mens aan my doen?"Hebreërs 13:5-6

"Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp."  Filippense 4:11

Is jy voortdurend besig met, soos die Engelse idioom sê, "keeping it up with the Joneses"? Of het jy al geleer dat wêreldse dinge tydelik van aard is, maar dat dit wat werklik saak maak is om die wil van God te doen?

Gebed: Here, leer my om tevrede te wees met dit wat ek elke dag uit u hand ontvang. Gee dat ek nooit iets sal doen wat u Naam oneer aandoen nie. Amen

Previous article: Bou goeie verhoudings - 15 Mei 2015 Prev Next article: Bedrog en kullery - 13 Mei 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.