Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 13 Oktober

8. Die koninkryk is naby

Hennie Symington

Skrifgedeelte

Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie. Mark. 1:15

Die koninkryk in jou

Die wêreld waarin ons leef is nie ’n plek waar ons maklik vrede vind nie.Ons word snags wakker met ʼn gevoel van benoudheid terwyl ons diep in ons harte droom van ’n plek waar ons ’n rustige en vreedsame lewe kan lei.

Dikwels is dit God wat in die diepte en donkerte van die nag kom jou ’n ander perspektief op die lewe te gee, wat jou bewus daarvan maak dat die koninkryk naby jou, langs jou, rondom jou en in jou is en ook die plek waarna ons almal met verlange uitsien.


Wat beteken dit vir my?

As jy kan begryp en aanvaar dat God nou en hier teenwoordig is, kan jy glo en aanvaar dat God se liefde en ondersteuning nou en hier in jou lewe aktief is.

Om met ʼn bewustheid van die koninkryk binne-in jou te leef beteken om al hoe meer bewus te raak van God se teenwoordigheid wat jou ’n ander kyk op die lewe gee. Te midde van die chaos rondom jou, raak jy ook bewus van die harmonie van die lewe wat soms net tydelik uit die oog verloor word.

My roeping in die koninkryk

As die koninkryk van die hemel ver is maar terselfdertyd reeds teenwoordig is, is dit die taak van Christene om aktief besig te wees om God se koninkryk sigbaar te maak. So, in plaas daarvan om die oë net op die horison van die hiernamaals te hou, moet ons bewus wees van die tekens van God se koninkryk in ons tyd en daaroor verheug wees.

Vader, dankie dat die koninkryk nie onbereikbaar ver op die horison van die ewigheid lê nie, maar dat dit die ruimte is waarin ek my nou en hier bevind - sonder einde en allesomvattend.

Previous article: Vers n dag - 14 Oktober Prev Next article: Vers n dag - 12 Oktober Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.