Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers-n-dag - 8 Julie 2015

Reeds van voor my geboorte hou God van my

Danny Fourie

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Psalm 139:13

Daar was ’n oorsese TV-program met die titel iets soos “Liefde met die eerste oogopslag”. Drie meisies het teenoor drie mans gesit en na verskillende rondtes vrae, moes almal aan die einde van die program ’n keuse vir iemand van die teenoorgestelde geslag maak. Die keuse kon nie verander word nie. Die twee wat mekaar gekies het, kan saam vakansie gaan hou. Dié wat oorgebly het, het hulleself verwyt dat hulle aan die program deelgeneem het!

Veronderstel jy is een van die deelnemers. Oorkant jou sit drie manne. Uit die vrae blyk dat twee van hulle selfsugtige mense is, hulle het net oë vir hulleself en hulle dinge. Die ander man is egter 'n droomman – aantreklik, intelligent, innemende geaardheid, iemand wat vir ander omgee.

Anders as in die TV-program moet die manne eerste hulle keuse maak. Soos verwag kies die twee selfsugtige ouens nie vir jou nie. Maar die droomman kies jou. Hy sê dat met die eerste oogopslag het hy geweet hy gaan jou kies. Sy besluit staan vas, hy wil saam met jou op vakansie gaan, al moet hy self betaal! Hy twyfel nie ’n oomlik nie.

En jy? Sal dit vir jou nodig wees om een sekonde te twyfel? Natuurlik nie! Die keuse is so maklik soos kan kom. Natuurlik kies jy die droomman soos wat enigiemand voor jou ook sou doen. Jy sou gek wees om een van die ander manne te kies.

Is dit nie net so verstandig dat ek en jy vir God kies nie? Hy is waarlik die enigste Een wat werklik vir ons omgee. Reeds voor ons bestaan het, staan sy keuse vas. Hy het vir my en vir jou gekies. Uiteindelik kies elkeen wat vir hom of haar van belang is. Daar is maar een Iemand wat altyd vir ons kies: God.

'n Beter keuse as vir Hom kan ons daarom nie maak nie.

Gebed: Dankie Vader dat U my gekies het reeds voordat ek begin lewe het. Dankie dat u keuse vas staan, al stel ek U ook teleur. Help my om my lewe aan U te wy. Amen.

Previous article: Vers-n-dag - 9 Julie 2015 Prev Next article: Vers-n-dag - 7 Julie 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.