Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers-n-dag - 21 Julie 2015

Ek hou van God omdat ek in Christus die sonde oorwin het (2)

Danny Fourie

Ons weet dat iemand wat 'n kind van God is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie.  1 Johannes 5:18

Wanneer 'n mens oor die oorwinning oor sonde praat, moet 'n mens daarvan seker wees dat ons in Christus vir die sonde gesterf het. Dit moet 'n egte sekerheid by ons word. Maar dit klink na 'n moelike saak. Hoe moet ons oor hierdie “vry van die sonde” dink?

Veronderstel jy staan aan die begin van 'n lang smal straat met rye huisies aan albei kante van die straat. Aan die onderpunt van die straat staan Jesus. Ons Christelike lewe is om die lang straat af na Jesus te stap, na die volwassenheid in Hom. Jy rig jou oë op Hom en begin loop.

Die huisies aan albei kante van die straat word bewoon deur wesens wat daarop uit is om jou te verhinder om jou doel te bereik. Hulle het geen mag of gesag om jou te keer nie. Hulle hang by die vensters uit om jou aandag af te lei en om jou voortgang te belemmer. Hulle is bedrewe met verleidelike voorstelle en ook met beskuldigings om jou onseker te maak op jou pad na Christus.

Wat my opval in hierdie voorbeeld is dat niks in die straat ons kan verhinder om by Jesus te kom nie. Die enigste wat ons reis na Jesus verhinder, kom uit die huise. Hierdie wesens kan jou nie van die straat af trek en hul huise insleep nie. Nee, hulle kan net voorstelle maak.

Om bevry te wees van die sonde, beteken dat die wesens nie meer uit hul huise kan kom wanneer jy op pad na Jesus is nie. Hulle het geen mag oor jou nie. Jy is vry! Al fout wat ons kan maak, is wanneer ons aan die verleidings toegee en by die wesens in hul huise ingaan. Dikwels is ons probleem dat ons nie ervaar dat ons vry van die sonde is nie, omdat ons dit nie waarlik glo nie.

Gebed: Dankie Here Jesus dat ek vry van die sonde is. Dankie dat ek nie die slaaf van enige boosheid is nie, maar vry om vir U te lewe. Amen

Previous article: Vers-n-dag - 22 Julie 2015 Prev Next article: Vers-n-dag - 20 Julie 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.