Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Salomo se gebed - 10 September 2015

Xanthe Hancox

Mag hierdie woorde van my wat ek in my smeking voor die Here uitgespreek het, dag en nag by Hom, die Here ons God, wees, sodat Hy die reg van sy dienaar en van sy volk Israel sal handhaaf soos dit van dag tot dag nodig mag wees. Dan sal al die volke van die wêreld besef die Here is God; daar is nie 'n ander nie. Mag julle met volle oorgawe voor die Here ons God leef volgens sy voorskrifte en julle hou aan sy gebooie, so soos dit vandag is.” 1 Konings 8:59-61

Salomo se gebed by die inwyding van die tempel is werd om te bestudeer. Die vestiging van 'n koninkryk en die bou van die tempel was groot prestasies vir die Israeliete. Maar, Salomo waarsku die mense wat byeengekom het vir die tempelinwyding dat die werk van God se volk nog lank nie afgehandel was nie. Die volk het God met hulle hande gedien, nou moet hulle Hom met hulle harte liefhê. Salomo het aan die volk gesê om aan God toegewy te wees, Hom met hulle ganse harte te dien en gehoorsaam te wees aan sy gebooie.

In die verse wat vandag se gedeelte voorafgaan vra Salomo God vir baie dinge. Hy vra Hom om Israel onder andere van hongersnood, oorlog, siekte en oorlog te bewaar. Die rede vir sy moed word duidelik in vers 60: "Dan sal al die volke van die wêreld besef die Here is God; daar is nie 'n ander nie." Dit was God se wil dat Israel in 'n ware verhouding met Hom moes leef, sodat die wêreld van sy getrouheid en liefde bewus kon word. Die wêreld sou weet dat daar geen ander god is nie. Dit was God se bedoeling met Israel sy volk, dat hulle in die wêreld moes getuig van die seëninge wat gehoorsaamheid en aanbidding van die een ware God bring.

Ons, God se kinders vandag, moet ook volkome toegewy wees aan die Here ons God. Ons weet dat dit waar is, maar dikwels vertel ons aksies 'n ander storie. Instede van om volkome aan God toegewy te wees, fokus ons op ons familie en kinders, om gemaklik te kan leef, of op politieke of maatskaplike omstandighede. Natuurlik is dit reg dat ons ons families liefhet, ons toekoms beplan, diegene wat in nood is ondersteun, maar as gelowiges moet ons seker maak dat die een ware God die belangrikste in ons lewens is, dat Hy die middelpunt van ons bestaan is.

Gebed: Vader, wys my die dinge in my lewe wat belangriker as U geword het, en help my om my lewe opnuut aan U, en U alleen, toe te wy sodat almal met wie ek in aanraking kom kan weet dat U God is.  Amen

Previous article: 'n Hart van integriteit - 11 September 2015 Prev Next article: Jakin en Boas - 9 September 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.