Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wie is God? (7) - 9 Oktober 2015

Wonderbaarlik!

Louise Gevers

Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie.”  Eksodus 34:6-7a

Die wêreld is lief vir prag, belangrikheid en roem, maar nie noodwendig in daardie volgorde nie. Elke land het sy eie manier om hierdie dinge te beklemtoon, die prag van die monarg op die troon, 'n luisterryke militêre parade, die glorie van 'n nasionale sportspan wat kampioene geword het, of die glans van die filmwêreld, is maar net 'n paar om te noem. Inderdaad, dit lyk dikwels of die wêreld dronk is van mag en glans en of alles om dit wentel. Vergelyk ‘n mens wêreldse mag en heerlikheid met die van die Skepper van die wêreld, is dit egter duidelik dat dit heeltemal op verskillende vlakke is.

Die Skrifgedeelte hier bo gee 'n relatiewe kort beskrywing van 'n inspirerende en almagtige God, en spreek die eerste woorde van dié aankondiging nie boekdele nie? Hierdie woorde skep vir ons 'n ongelooflike prentjie van God se aard wat in sy goedheid, genade en trou verpak is. Kan dit enigsins met die wêreld se begrip van grootheid vergelyk word?

Toe Moses God gevra het om vir hom sy heerlikheid te wys, het hy regtig geweet wat hy vra of was hy so deur die omvang van sy missie oorweldig dat, ten spyte van God se belofte dat Hy by hom sal wees, wou hy, soos baie van ons wanneer ons voor 'n groot uitdaging te staan kom, hê dat God sy grootheid aan hom moes bewys. Hy is eintlik baie uitgesproke as 'n mens in aanmerking neem met wie hy praat, maar God verstaan en stem in om sy heerlikheid aan Moses te wys, maar nie sy gesig nie, want niemand mag sy gesig sien en bly lewe nie.

God se heerlikheid is sy goedheid: deernis, genade, geduld met oortreders, omvattende liefde, sy getrouheid aan duisende, sy vergifnis en geregtigheid. Dit straal van Hom uit omdat Hy vol daarvan is. Sy heerlikheid kom van binne, terwyl die heerlikheid van die wêreld aan die buitekant is. God se heerlikheid sal op grond van sy karakter nooit teleurstel nie: die uitstorting van liefde en vergifnis wat vir ewig sal aanhou, want Hy is ewig, in teenstelling met dié van die wêreld wat oppervlakkig is en 'n raklewe het, en wat so vinnig soos mis voor die son weer verdwyn.

Wie is God?

Gebed: Barmhartige God, vol liefde en genade, help ons asseblief om u heerlikheid te verstaan op 'n manier wat vir ons 'n werklikheid is en ons in staat stel om U meer ten volle in ons daaglikse lewens te waardeer. In Jesus se Naam vra ons dit.  Amen

Previous article: Wie is God? (8) - 12 Oktober 2015 Prev Next article: Wie is God (6) - 8 Oktober 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.