Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wie is God? (15) - 21 Oktober 2015

Voorsiener van alles

Louise Gevers

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Jesaja 55:1-2

Hoor die vrygewige roep uit die hart van God vir almal wat honger en dors het, om na Hom toe te kom om te koop, sonder enige koste, alles wat hulle nodig het. Wat 'n ongelooflike roep uit 'n hart wat oorloop van vrygewigheid! Hy het sy kinders so lief en Hy wil in hulle behoeftes voorsien met iets van sodanige kwaliteit en gehalte dat selfs geld nie goed genoeg daarvoor sal wees nie!

Die woorde van Psalm 23:1 eggo hierdie sentiment: "Die Here is my herder, ek kom niks kort nie." God se kinders weet dat wanneer Hy hulle herder is, gee Hy hulle alles wat hulle nodig het: 'n pragtige omgewing en stadig vloeiende strome om hulle siele te verfris; Hy gee leiding om reg te lewe; tydens donker en vreesaanjaende tye is Hy teenwoordig; Hy bevry hulle van vyande; Hy ontvang hulle soos eregaste om by die feesmaal aan te sit wat deur Hom voorberei is; en in sy teenwoordigheid, is daar ewige vreugde.

God is besorg oor hulle geestelike welstand en Hy smeek hulle om seker te maak oor wat vir hulle belangrik is – is dit besittings wat nie vir ewig hou nie en geen bevrediging gee nie, miskien soos ons geslag se doellose gesoek na die nuutste diëte, wat wel bestandele van hoë kwaliteit bevat, maar selde die beloofde resultate lewer?

Vir die Israeliete in ballingskap op daardie stadium in die geskiedenis, sou geestelike dors en geestelike honger 'n groter behoefte as fisiese honger en dors gewees het. Hulle was van hul land en plek van aanbidding weggeneem, ontneem van dit wat vir hulle bekend was, en dit het hulle geestelik groei belemmer. God, in liefde, reik uit na hulle met hierdie wonderlike uitnodiging.

Hoe staan sake vandag met ons? Is ons ook uit ons plek van aanbidding verban, daardie kosbare plek waar ons onsself aan God met hart en siel kan gee? Word ons ook meer en meer geestelik dors en verlang ons siele ook meer en meer na die geestelike voedsel wat net Hy kan gee? Het ons in ons daaglikse lewens so vasgevang geraak met dinge wat ons dreineer dat, alhoewel ons goed eet en drink, ons voortdurend dinge najaag wat nooit werklike bevrediging kan bring nie? Het ons dit wat werklik goed is, dit wat ons sieledors vir ewig kan les, vergeet?

Gebed: Barmhartige en vrygewige God, ons erken dat U, alleen, die sleutel is tot alles wat die moeite werd in hierdie lewe is, al probeer mense om ons anders te oortuig. Help ons, asseblief, om u goedheid en begeerte te erken om aan ons lewens wat ryk en vry is te gee. Amen.

Previous article: Wie is God? (16) - 22 Oktober 2015 Prev Next article: Wie is God? (14) - 20 Oktober 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.