Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

'n Geskenk van God - 10 November 2015

Neville Turley

“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel." Matteus 13:45-46

Regdeur sy bediening op aarde het Jesus aandag op die koninkryk van die hemel gevestig. Om een van God se kinders te wees, deel van sy familie, is veel meer werd as enigiets wat die wêreld ons kan bied.

Jesus sê die koninkryk van die hemel is soos 'n waardevolle pêrel. Jy moet bereid wees om alles wat jy het, oor te gee sodat jy deel van die koninkryk kan wees. Jy moet al die minderwaardige pêrels opoffer vir die een waardevolle pêrel. Dit is nie 'n maklike ding om te doen nie en sommige vind dit net eenvoudig te moeilik.

Soos die ryk jongman wat vir Jesus vertel het dat hy al die gebooie nagekom het en wou weet wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry. (Markus 10:17-22) In Markus se Evanglie lees ons dat Jesus met liefde na hom gekyk het en gesê het: “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” Toe die man dit hoor het hy geskrik en bedruk weggegaan want hy was baie ryk.

Om deel van die koninkryk van die hemel te wees, 'n burger vanGod se koninkryk, is die waardevolste pêrel en is die geboortereg van elkeen wat opnuut gebore word. (Johannes 3:3)

Dit is nie burgerskap wat ons kan bekom deur ons eie meriete nie. Dit is 'n geskenk van God. Jesus het vir jou burgerskap in die koninkryk van die hemel opgeëis toe Hy sy lewe aan 'n kruis vir jou opgeoffer het sodat jy in die regte verhouding met God kan staan.

Deur ons Here Jesus Christus het ons die kosbare voorreg om deel van die familie van God te wees.  Daar is 'n Engelse gospellied wat dit so mooi stel:

"We are heirs of the Father

We are joint heirs with the Son

We are children of his kingdom

We are family, we are one."

Gebed: Almagtige God, deur u genade alleen is ons deel van u familie. Gee ons die krag en sterkte deur u Heilige Gees om waardige burgers van u koninkryk te wees. Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus.  Amen

Previous article: Die ryk man en Lasarus - 11 November 2015 Prev Next article: Daar is 'n skat wat gevind moet word - 9 November 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.