Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Die grootste gebod - 12 November 2015

Neville Turley

Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.  Markus 12:29-30

Ons liefde vir God moet een van volkome toewyding wees. In die Lukas Evangelie is daar 'n verhaal van 'n prostituut en 'n Fariseër wat 'n mens nogal laat nadink. Haar toewyding aan Jesus het daartoe gelei dat haar sondes vergewe is, terwyl die godsdienstige man beskaamd gemaak is. (Lukas 7:36-50)

Dit was praktyk onder die Fariseërs om soms 'n ete by hulle huise aan te bied waarheen enige iemand kon kom. Aan die begin van Jesus se bediening in Galilea het Simon die Fariseër Hom uitgenooi om by hom aan huis te kom eet. Jesus het die uitnodiging aanvaar.

Toe die slegte vrou hoor dat Jesus by Simon se ete teenwoordig was, het sy besluit om ook te gaan. Sy het 'n albasterflessie met geurige olie by haar gehad en het reguit na die tafel gegaan waar Jesus, as genooide gas was.

Sy het agter Hom gaan staan en begin huil. Terwyl haar trane op sy voete drup het sy hulle met haar hare afgedroog. Sy het sy voete met die geurige olie gesalf en hulle gesoen.

Simon was geskok. Sekerlik sou 'n ware profeet nie toelaat dat 'n vrou met so 'n reputasie aan hom raak nie.

Jesus vertel toe vir Simon 'n gelykenis oor twee mans wat hulle skuld aan 'n geldskieter moes betaal. Die een het vyfhonderd rand geskuld en die ander slegs vyftig. Nie een van hulle kon die geld terugbetaal nie en die geldskieter het toe die skuld vir hulle kwytgeskeld.

"Wie van hulle sal die geldskieter die meeste liefde bewys?" het Jesus gevra. “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het,” het Simon geantwoord. "Jy is heeltemal reg," sê Jesus. Hoe meer ons daarvan bewus is dat Jesus ons sondes vergewe het, hoe liewer sal ons Hom hê.

Jesus het toe vir Simon daarop gewys dat die slegte vrou Hom meer liefde bewys het as wat die geval met Simon was. Simon het nie eens die normale gasvryheid aan Hom bewys waarmee gaste tradisioneel in Jesus se tyd ontvang is nie. (Lukas 7:44-46)

Jesus sê toe vir Simon: "Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde." (v47) Jesus het toe na die vrou gedraai en vir haar gesê: “Jou sondes is vergewe.” Die gaste het toe begin vra, “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?”

Ons sou hulle vraag kon antwoord. Ons sou vir hulle kon sê dat soos die slegte vrou gedoen het, dit ook vir hulle nodig is om hulle sondes te bely en na Jesus te draai vir vergifnis.

Gebed: Almagtige God, maak ons immer bewus van ons sondes en dat dit nodig is om dit te bely en so u vergifnis te ontvang. Amen

Previous article: Gee om vir diegene in nood - 13 November 2015 Prev Next article: Die ryk man en Lasarus - 11 November 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.