Vers n dag - 24 November
TEMA VAN DIE WEEK: HOOGTEPUNTE VAN DIE JAAR. In hierdie week wil ek terugkyk na ’n paar hoogtepunte uit die verskillende reekse wat ek oor die afgelope jaar behandel het.
REEKS 3: STEL JY GOD EERSTE?
TEMA: STEL JY GOD EERSTE . . . WANNEER JY GENESING BENODIG?
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Met die naderende Kerstyd fokus ons opnuut op wat Jesus vir ons op aarde kom doen het. Een hiervan is dat Hy gekom het om ons wonde te kom genees. Benodig jy vandag fisieke en/of emosionele genesing? Het jy begin hoop verloor dat God jou gebede hoor? Kom ’n oomblik saam met my terug en ontdek nuut wat Jesus vir ons gedoen het . . .
Die sweepslae weergalm deur die voorhof van Pilatus se woning. Een, twee, drie. . . Jy loer om die hoek. Dan snak jy na jou asem. “Maar dit is. . .†Met die bloed en kneusplekke aan sy lyf is dit vir ’n oomblik moeilik om jou Meester te herken.
Tien, elf, twaalf . . . Dié keer weergalm die sweepslae deur jou hart. Jy wil uitskree na die Romeinse soldate. Besef hulle dan nie wie hierdie man is wat hulle slaan nie? Twintig, een en twintig, twee en twintig. . .
Die Romeinse soldaat rus ’n oomblik. Nog sewentien houe lê voor. Geskok kyk jy na die skerp voorwerpe wat aan die soldaat se sweep hang. Dit is hierdie voorwerpe wat die vlees uit enige persoon wat met die sweep geslaan word, se rug losskeur. Geen wonder menige van die oortreders wat in die verlede gegesel is, het op die plek gesterf.
Waar Jesus nou op sy knieë neersak, kan jy aan sy styfgespande kake sien dat hy hard op sy tande byt op die pyn te beheer. Jy wil nader hardloop om Hom te gaan help, maar jy is bang. Jesus kyk op en julle oë ontmoet ’n oomblik. Trane van magteloosheid stroom nou oor jou wange. Dan, deur jou trane, sien jy hoe ’n glimlag op Jesus se gesig deurbreek terwyl hy met sy kop in jou rigting knik om jou te kalmeer. Onmiddellik besef jy dat Hy slegs glimlag om jou gerus te stel.
In die voorhof van Pilatus se woning het Jesus die groter prentjie gesien. Hy het geweet dat Hy die wêreld se pyn, spot en vernedering op Hom moes dra sodat ek en jy vandag, 2 000 later, steeds fisieke en emosionele genesing in sy Naam kan ontvang.
Jesaja 53:5: “Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.â€
Psalm 137:3: “Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.â€
Het jy vandag genesing nodig – fisiek of emosioneel? Het jy dalk onlangs ’n geliefde aan die dood afgestaan en jy sukkel om dit te verwerk? Gaan jy tans deur ’n egskeiding wat veroorsaak dat jy jou saans aan die slaap huil? Is jy onlangs met ’n siekte gediagnoseer wat jou gemoed demp en dit moeilik maak om met ’n glimlag in die oggende op te staan?
Dink vir ’n oomblik terug aan die glimlag op Jesus se gesig in die voorhof van Pilatus se woning. Dink ook aan Jesus se glimlag toe Hy drie dae ná sy kruisdood aan die dissipels verskyn het. Hy het die wêreld se pyn, sonde en vernedering op Hom gedra sodat jy vandag genesing kan ontvang. Gaan jy jou genesing in Hom vind? Sterkte.
Vader God, baie dankie dat U, u Seun gegee het. Jesus, dankie dat U bereid was om u lewe vir my neer te lê sodat ek vandag my genesing in U kan vind. Vader, ek lê (spesifieke seer in jou lewe) voor U neer en bid dat U my asseblief sal genees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIES:
-
BESTEL NOU: Jy kan Benescke se boek, Ontdek God in die stories van mense nou aanlyn by www.kalahari.net bestel. Jy behoort dit binne 4 werksdae te ontvang. Ideale Kersgeskenk.
-
1 DAE OM TE GAAN. . . Moenie Benescke se boekbekendstelling op Donderdagaand, 25 November by die Wordsworth in die Willow Bridge Sentrum in Durbanville misloop nie. Dit begin 18:00 vir 18:30. Kom ontmoet haar en kry jou getekende kopie. Die boek, Ontdek God – in die stories van mense sal beskikbaar wees by CNA, PNA, Exclusive Books en Wordsworth. Jy kan dit ook aanlyn by www.kalahari.net bestel.
VORIGE STUKKE? Kry van die vorige dagstukkies op ons webwerf, www.versndag.co.za.
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â