Vers n dag - 26 November
TEMA VAN DIE WEEK: HOOGTEPUNTE VAN DIE JAAR.
REEKS 5: Ontdek God . . . van A-Z. In hierdie reeks het ons gekyk na God se karaktereienskappe volgens die letters van die alfabet. Hier is “Pâ€.
TEMA: GOD IS ONS PA
Deur Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van ’n meisie wat tydens haar eerste rit op die lang pad nadat sy haar bestuurslisensie geslaag, langs haar pa agter die stuur ingeskuif het. Hulle was skaars ’n uur uit die stad toe die eerste groot reëndruppels op die voorruit begin neerplons. Gou het dit in ’n storm verander.
Van agter die stuur het die dogter beangs na haar pa geloer in die hoop dat hy sou aanbied om die stuur by haar oor te vat. Tot haar verbasing het hy net sy kop geskud. “Nee, my kind. Ek weet jy kan dit doen. Hou net aan ry.†Hy het geweet dat haar selfvertroue om te bestuur deur hierdie ervaring sou baat.
Die reënbui het al harder geword en die ruitveërs moes nou hard werk om te verseker dat hulle voor hulle kon sien. ’n Menigte van die motoriste rondom hulle, het langs die pad afgetrek om te wag dat die storm bedaar voordat hulle verder ry.
Trane het nou oor die dogter se gesig begin stroom terwyl sy weer na haar pa kyk. “Pa, ons moet aftrek. Al die ander motors stop?†Weer het hy haar arm saggies aangeraak. “Ek is hier by jou. Jy kan dit doen. Ons is nou-nou deur die storm. Hou net aan ry.†Die donderweer het aanhoudend gerammel terwyl die meisie deur die storm ry. Net toe sy finaal wou moed opgee, het die sonlig meteens voor hulle verskyn. Hulle was deur die storm.
’n Entjie verder het die dogter se pa haar beveel om langs die pad te stop. “Hoekom nou eers, Pa?†het sy verbaas gevra toe hulle langs die pad uit die motor klim. Waar hulle op ’n heuweltjie gestaan het en teruggekyk het na die storm, kon hulle die motors sien wat steeds langs die pad gestaan het. Meteens het die meisie verstaan: Soms wil ’n mens moed opgee te midde van die storm terwyl God soos ’n pa reg langs ons sit om ons aan te moedig om vorentoe te beweeg. Hy glo in jou en weet die son gaan binnekort deurbreek!
Watter tipe jaar het jy in 2010 beleef? Was dit een gevul met hoogtepunte en deurbrake (byvoorbeeld ’n nuwe baba in die familie, ’n promosie by die werk, ’n nuwe huwelik) of was dit dalk een gevul met hartseer en uitdagings (byvoorbeeld aflegging by die werk, ’n egskeiding, die dood van ’n geliefde)? Een ding wat ons te midde van goeie tye, sowel as uitdagende tye moet onthou, is dat God, net soos die pa langs sy dogter in die motor, daar is om ons aan te moedig en deur te dra.
Luister weer hoe die Psalmdigter na God verwys in Psalm 56:3-4: “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen?â€
God is ons Pa. Hy is daar wanneer ons opgewonde uitskree oor ’n deurbraak. Ook is Hy daar wanneer ons huil dat ons na ons asems snak en nie ’n uitkoms vir môre kan sien nie. Hy is daar wanneer ons saam met ons families langs die Kerstafel sit en lag en gesels. Ook is Hy daar wanneer die alleenheid sonder ’n familie ons jaarliks oor Kerstyd wil onderkry. Hy is liefdevol en genadig en sy begeerte is dat jy Hom nuut sal ontdek in elke situasie in jou lewe. Mag jy ’n wonderlike Kerstyd ervaar.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U altyd langs my is om my deur goeie en slegte tye aan te moedig en deur te dra. Help my asseblief om nooit my oë van U af te haal nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
BRIEF VAN DIE SKRYWER: Liewe Lesers. Baie dankie vir elke e-pos met terugvoer en ook elke getuienis wat ek vanjaar ontvang het. Dit bly vir my ’n geweldige groot voorreg om deel van die Vers-’n-Dag projek te wees en God se wonderwerkende hand daagliks te ervaar.
Baie dankie ook aan elkeen wat gisteraand die boekbekendstelling bygewoon het. Dit was wonderlik om met soveel van ons lesers kennis te maak.
Ek is weer in Februarie terug met ’n vars, nuwe reeks. Tot dan kan jy my webwerf besoek by www.benescke.co.za. Ook kan jy na die lokprent van my boek, Ontdek God – in die stories van mense by www.youtube.com/watch?v=sBZ-jBj0Fi8. En na die onderhoud oor die boek by http://www.youtube.com/watch?v=oixl6km6mQk.
Groetnis en ’n geseënde Kerstyd aan elkeen van julle,
Benescke
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkiesofBybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou onlangs of in die verlede deurgekom het na
Â
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â