Vers n dag - 30 November
Christus in die kollig
Hennie Symington
Skrifgedeelte:
Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping. Kol. 1:18
Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen. 1 Tim. 1:17 (Ou vertaling)
Die ster van hierdie Adventstyd is Christus. Waar ons gedurende die jaar so graag op onsself, ns gesin en ons probleme fokus, bied hierdie maand ons ʼn lang aanloop die die Kersgebeure om ons in te stel op die gebeure wat wat sentraal in ons geloof staan.
Â
Te midde van die skare christusse en messiaanse figure wat deur die geskiedenis gekom en gegaan het, staan Jesus, nie as ʼn voetnota by ʼn stukkie filosofie of as ʼn ontoeganklike stukkie etiek wat slegs deur ʼn klein uitgesoekte skare verstaan word nie. Nog minder staan Hy as een of ander heilige man wat beloof om jou nader aan God te bring of jou op ʼn selfontdekkingstog te lei.
Wie is Hy dan?
Hy is goddelik en bestaan reeds voor tyd en ruimte. Hy is God in die vlees wat nie self gesien kan word nie. Hy is nie soos die mens wat na die beeld van God geskape is nie; Hy is God self.
Â
Hy is ook Skeppergod, want “deur Hom†is alles geskep: die sienlike en die onsienlike. Hy is die “oorsprong†van die kerk want Hy is die Eerste wat die dood oorwin het. Maar meer nog, God het gekies om met sy volle mag en krag in Hom te woon en Hom aan ons sigbaar te maak. Ons het dus nie hier te doen met ʼn blote afskynsel van God nie, of slegs maar ʼn hulpelose kind in ʼn krip nie. Hy staan as “pantokrator†– heerser oor die heelal. Die belangrikste is egter: Hy kom stel Hom weerloos voor ons om in ons harte gebore te word.
Gebed
Here, U die heerser van die heelal kom in alle eenvoudg na ons toe uit liefde vir die mens. Ons wil u eer en ons opnuut aan u toewy. Amen