Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 1 Desember

In verwagting

Hennie Symington

Skriflesing:

Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. Jer. 31:31

Verheug jou grootliks, o dogter van Son! Juig o dogter van Jerusalm! Kyk, jou Koning kom na jou, regverdig en oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ʼn eselin. Sag. 9:9:

“Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie. Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.”Mt. 24:43-44

Vanaf nou tot Kersdag verkeer ons in ʼn staat van verwagting. Van nou af reeds kan jy begin uitsien na Kersfees want hierdie tyd van die jaar is Advent. Al die tekens van die tye is reeds daar – Boney M met Long time ago en die eerste note van die Jingle Bells klink in elke winkelsentrum! Ja, die kinders kan al die slapies begin aftel tot Kersvader kom.

Maak nie saak hoe oud en afgeleef ʼn mens is nie, Kersfees bly iets om na uit te sien. Waarna sien ons dan so vreeslik uit? Sekerlik nie al die kuiergaste of of oordadige geëet en gedrink nie? Dalk is dit die vooruitsig op al die geskenke wat jy gaan kry. As kind het geweet: kersfees beteken presente en baie daarvan.

ʼn Paar weke se wag is egter niks in vergelyking met seshonderd jaar nie. Dis hoe lank die Jode moes wag na die vernietiging van Jerusalem om na die beloofde land terug te keer. Die profeet Jeremia het hulle bemoedig met die vooruitsig op ʼn koning wat hulle land weer sou opbou en van hulle ʼn voorspoedige volk sou maak. Sagaria skets ʼn idillise prentjie van die stadsplein van Jerusalem gevul met ou mense en seuntjies en dogtertjies wat daar speel. Te midde van ʼn totale verslaendheid verkondig Jeremia ʼn woord van hoop. En terwyl hulle gewag het was daar nie kersversierings, gemmerkoekies of gebraaide kalkoen om dit makliker te maak nie – net verslae mense wat vashou aan ʼn flentertjie hoop. En die hoop het nie beskaam nie.

Steeds in ʼn staat van verwagting.

Ons wag met verlange nie net op die geboorte van ons redder nie, maar op die dag wat Christus weer sal kom. En terwyl ons wag, verloor ons nie hoop nie maar bly ons besig sodat wanneer Hy weer kom, ons nie besig sal wees met kersversierings en nuttelose geskenke nie, maar met koninkrykswerk.

Om Kersfees te vier met allerhande vrolike gebruike is seker nie verkeerd nie, solank ons nie vergeet dat die koms van die koninkryk ons eerste prioriteit moet wees nie.

Gebed:

Here, ons vier Kersfees so sonder verwagting – net maar nog ʼn dag op die jaarkalender in plaas van die dag toe u die aarde besoek het.

Previous article: Vers n dag - 2 Desember Prev Next article: Vers n dag - 30 November Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.