Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 3 Desember

As kooplustigheid hoogty vier!

Skriflesing

Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Mk 10:22

Om inkopies te doen het die die tydverdryf van die die moderne samelewing geword. Dis amper ʼn nuwe vorm van aanbidding. En die moderne inkopiekatedrale maak dit vir ons so maklik om ons kooprituele met byna godsiensdienstige toewyding uit te leef, soveel so dat die eeue-oue stelling: “Ek dink, daarom is ek ,” net sowel vervang kan word met “Ek koop, daarom is ek.”

Hoekom is ons so kooplustig? (Veral hier oor Kersfees rond) .Omdat ons almal vasgevang is binne ʼn wêreld wat deur die advertensiemedia geskep is – ʼn virtuele ruimte waar image alles is. Ons is so is daarop ingestel om te koop dat ons nie eens twee keer dink as die naam “Jesus” as handelsmerk misbruik word en die banke die plek van jou voorsienige Hemelse Vader inneem, en sekere roomyse voorgestel word as hemel op aarde en Sondag as die beste dag om inkopies saam met die gesin te doen nie. Dit pla ons gewoon nie meer nie.

Waar pas die kerk in hierdie verbruikersomgewing in?

Soms voel dit asof dit kerk baie goed daarin pas omdat hy dikwels so vasgevang is in hierdie tipe verbruikerskultuur. Groter, beter, nuuter, snaakser en harder kenmerk soveel van ons aanbidding. Predikers vind dit moeilik om in stilte te wag op God se Woord. Hulle spreek dit sommer self deur luidprekers en op advertensieborde of reuseskerms uit. Daar is nie verniet by die Lausanne-konferensie vroeër vanjaar in Kaapstad ʼn pleidooi gelewer dat kerke moet waak teen teen geloof wat materiële welvaart as ʼn beloning verkondig.

In alle eenvoud …

As ons maar net kan in gedagte kan hou waar Christus gebore is. In ʼn stal, mense, ʼn stal. Met kerslig om die geboorte te belig. En skaapwagters as die eerste besoekers. As ons as Christene nie gaan staan teen die materialisme van ons tyd nie, wie gaan?

Previous article: Vers n dag - 6 Desember Prev Next article: Vers n dag - 2 Desember Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.