Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 8 Desember

God soos goud!

Hennie Symington

Skriflesing

Onderweg kom hulle toe by water aan, en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat verhinder dat ek gedoop word?”

Toe het hy die wa laat stilhou. Filippus en die hofdienaar het albei in die water in gegaan, en Filippus het hom gedoop. Hand. 8:37-38a

Die evangelie is kragtig en ken geen perke nie.Baie jare gelede vertel iemand my van die Sjinese egpaar wat hulle op een van hulle reise in Sjina raakgeloop het. Hulle het later vriende geword en oor geloof begin gesels. Die man was nie ʼn gelowige nie maar was baie geïnteresseerd in die Christelike geloof.

(Die Christendom in China het ʼn baie lang geskiedenis maar het baie swaargekry onder die regime van Mao Zedong en ander kommunistiese leiers)

Hulle het gereeld met met mekaar gekorrespondeer. Die man met sy vrou en seuntjie het toevallig later in Suid-Afrika kom werk as deel van ʼn groot Suid-Afrikaanse maatskappy. Hier het hulle begin kerk toe gaan en tot bekering gekom. Op ʼn dag skakel hy die dominee van die gemeente en sê: Hy en sy gesin moet die komende Sondag gedoop word! Die dominee was natuurlik ʼn bietjie huiwerig want wat sou die kerkraad sê as hy sommer iemand wat niks van die Heidelbergse Kategismus of ander belydenisskrifte weet nie aanneem. Sheng Fei en Nini verduidelik toe dat hulle die volgende week moet terugkeer China toe en hulle gaan nie terug tensy hulle gedoop en aangeneem is nie. So ʼn versoek kan geen predikant weier nie. (Wie’s ons om op seremonie te staan as Christus iemand teen die gebruike van die Joodse geloof op die sabbatdag genees het?)

Sjeng Fei se woorde, toe hy uiteindelik gedoop is met trane van blydskap wat oor sy gesig stroom was: “Ek het na Afrika gekom om goud te vind, toe vind ek God.”

Vandag is hulle aktiewe lede van ʼn gemeente in Beijing en elke keer as hulle in Suid-Afrika kom kuier, kom groet hulle hulle familie in Christus met dieselfde ywer as daardie dag toe hulle deel van God se famlie geword het.

Bid vir Christene wêreldwyd

Mag ons hierdie Kersfees dink aan die talle nuwe Christene in China. Die duisende Christene wat vervolg word in baie lande veral in Irak. Bid ook vir mense in ons eie land wat vry is om te glo maar hulle eerste liefde vir God en sy kerk verlaat het.

Gebed:

Here, U genade is wyd en u liefde vir die mens oneindig. Gee dat ons dit oral, tydig en ontydig sal verkondig. Amen

Previous article: Vers n dag - 9 Desember Prev Next article: Vers n dag - 7 Desember Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.